SKAAK

Wil jy graag by Laerskool Bakenkop skoolgaan? Nou maak 'n skuif! Ons neem skaak tot 'n volgende vlak en bied dit ook in "grootmaat" aan. Daar is Junior en Seniorspanne. In 2019 neem ons ook deel aan die Arnold Schwarzenegger skaaktoernooi. 

Ons neem deel aan ligas asook Super 8! Ekstra skaaklesse deur 'n professionele afrigter word ook aangebied op Donderdae middae. Net so....skaakmat!

Handre Coetzee, Leanu Lotz en Heinrich Hattingh verwerf hulle Gauteng Noord klere in skaak in 2019. 

Ons 0/9, 0/11 en 0/13 gemengde spanne wen die ligas in 2019.

Ons 0/9 Span wen ook die Super 8 in 2019. Alles kom tot 'n stilstand met Covid en ons kan weer begin deelneem in 2022. Ons 0/11 span is die naaswenners van die Super 8 reeks.

Zarius en sy sussie Alissa Keyter se eerste regte skuif was om Bakies te word. Verder weet hulle hoe om die regte skuiwe te maak op 'n skaakbord. Hulle het in Des 2022 aan die SA Junior skaakkampioenskappe gaan deelneem. Zarius en sy ander 0/12 spanmaats het 'n eerste plek gekry en Zarius het as individue al 9 sy borde gewen! Sussie Alissa wat net 8 jaar oud is het saam met haar 0/10 span 'n 2de plek behaal. Baie geluk julle 2! Nou wag ons vir kleinboet wat volgende jaar Gr R is om in julle spore te volg!

skaaak  skaak 23