Ons wen die super 8 in 2019 asook die liga
Tennis vorm deel van een van die gewildste sportsoorte wat by Laerskool Bakenkop aangebied word. Dit is ‘n somersport wat egter reeds in die derde kwartaal aangebied word.
Uitslae van die liga getuig van ywer en goeie sportmansgees. Buiten vir die liga word jaarlikse Tennis Kampioenskappe ook gespeel. Tennis Rondomtalies word in die 4de kwartaal gespeel. Professionele afrigting word afgerig deur Tiaan Booysen by ons skool. Daar word voortdurend gepoog om ervare tennisspelers in ons gemeenskap te nader om betrokke te raak by die afrigting van die skool se spanne. Nianri Botha kwalifiseer vir Gauteng Noord Tennis sedert 2018.
Ligawedstryde vind gedurende die derde kwartaal op Maandae plaas.