Elke jaar het ons 'n unieke Bakie tema wat ons uitleef en uitdra vir die jaar.
2022 Feesjaar. - Ons is 40 jaar.
Nuwe jaar, nuwe begin,
Nuwe uitdaging ,
Nuwe vriende.
Ons skool se feesjaar en vier GAAN ons vier!
Dis ‘n fees om te kan lewe!
Dis ‘n fees om vriende te maak!
Dis ‘n fees om n verskil te maak!
Dit bly ‘n fees om ‘n Bakie te wees!
Jy besef teen die tyd jy is deel van Bakieland sedert 1982 se geskiedenis en wat ‘n besondere voorreg om deel daarvan te wees.
Die feeslogo simboliseer ‘n posstelsel wat in die tagtigerjare in gebruik was en in 40 jaar soveel getransformeer het dat dit amper nie meer bestaansreg het vandag nie.
Oor die afgelope 40 jaar het oud Bakies ontwikkel in hul eie reg om te bestaan en soos ‘n posstempel oor provinsie en landsgrense heen hul unieke Bakie stempel kon gaan afdruk! En 40 jaar later nog met Bakiebloed in hul are steeds bestaansreg het!
Hoe gaan jou stempelspoor lyk as jy oor 10, 20 of 40 jaar terugkyk vanwaar alles vir jou begin het in 2022? Jou dagboeke behoort jou te herinner.
Seënwense vir ‘n mooi nuwe bestaansreg jaar vir jou persoonlik maar ook vir LAERSKOOL BAKENKOP.
- 2022 - Bakies druk hul stempel af
- 2021- Bakies groei saam.
- 2020 - Bakies droom groot!
- 2019 - Bakies reik na die sterre
- 2018 - Bakies klim die leer na sukses
- 2017 - Bakies trap diep spore
- 2016 - Bakies is op die regte spoor
- 2015 - Bakies vlieg hoog
- 2014 - Bakies is aanboord