Klub 80’s – ’n Nuwe Tradisie van Uitnemendheid
Sedert 2024 het ons met trots die Klub 80’s bekendgestel – ’n spesiale erkenning vir leerders wat nie noodwendig in die Top 10 is nie, maar wat steeds uitstaande akademiese prestasie lewer deur ’n gemiddeld van 80% en hoër te behaal vir die betrokke kwartaal.
Die Klub 80’s is ’n waardevolle motiveringsinstrument wat leerders aanmoedig om konsekwent hard te werk en hul volle potensiaal te bereik. Lede se name word met trots op ons D6-platform sowel as op sosiale media gedeel – ’n sigbare viering van deursettingsvermoë en toewyding.
Baie geluk aan al ons Klub 80’s-lede vir die 4de kwartaal van 2025. Hou aan mik hoog – en bly in die 80’s!



