LEIERS 2026

Ons 2026-leiers is amptelik aangekondig!

Wat ’n voorreg om hierdie groep energieke, toegewyde jong mense te sien opstaan om Bakies in 2026 te dien. 

Ons hoofleiers is ná ’n intensiewe en inspirasievolle leierskamp aan die einde van Januarie 2026 aangewys. Baie geluk aan julle vier!

Ons glo in julle, ons vertrou julle, en ons sien uit na die verskil wat julle gaan maak.

’n Groot dankie aan ons 2025-leiers vir julle harde werk, julle voorbeeld en julle harte vir Bakies. Julle laat groot skoene agter — dra daardie leiersgees saam hoërskool toe.