REËLS IN VERBAND SKOOLDRAG EN SPORTDRAG:
Vanaf Januarie 2017 is skoolbaadjies beskikbaar vir Gr 4 - 7 leerders.
Ouers word versoek om die voorgeskrewe skool - en sportdrag by die skool se amptelike leweransiers te koop. (Sien Verskaffers van Skooldrag). Dit verseker eenvormigheid en bied 'n beter beeld vir die skool. Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skool en sportklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas. Tannie Annelie van Wyk doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy klere benodig.
Druk hier om die volledige dokument af te laai.