In Bakieland het ons plek vir laaangasems ook! Hulle oefen eintlik die hele jaar anders raak daardie asempies kort! Ons neem deel aan ligas asook die Super 8 reeks. Verkseie leerders het al Gauteng Noord klere verwerf in die verlede. In 2016 verwerf Christian Greyling toe in Gr 3 sy Gauteng klere en neem deel aan SA's in Sep 2016. In 2017 het Christian Greyling en Janika Louw hulle Gauteng Noord kleure verwerf en kwalifiseer om aan die SA's te gaan deelneem in September 2017. Christian het 'n 9de plek verower.
In 2018 het ons 4 Gauteng Noord atlete. Almal raak net beter en beter.
Gerhard Scheepers, Christian Greyling, Owen Watt en Janika Louw verwerf hulle Gauteng Noord klere in 2018. Christian Greyling ontvang sy Gauteng Noord klere in 2019 vir die 4de jaar in 'n ry! Knap gedaan Christiaan!