Dis 'n mik, korrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei! Ons is een van min skole wat Jukskei aanbied sedert 2015. Elke jaar raak ons beter en beter.
Alle leerders van Gr.1 – 7 mag deelneem. Jukskei word in die 3de kwartaal beoefen.
Margereet Visser Botha word gekies vir die uitnodigingspan wat JSA gaan verteenwoordig het in die Namibiese Jukskei Kampioenskappe te Windhoek in 2019. Karla Agenbag, Margareet - Visser Botha en Xander Erasmus het Gauteng Noord klere vir Jukskei ontvang in 2019.