FIETSRY
Bakies begin in 2021 met fietsry as 'n buitemuurse aktiwiteit. Sommige leerders neem sommer net vir die lekkerte deel aan wedrenne en dan het ons leerders wat dit reeds ernstig opneem en 'n 10km en selfs 'n 21km aandurf. Hulle motivering is natuurlik van ons personeel wat self kranige fietsryers is. Mnr Glen van Pletzen, Mnr Marnus Putter en Mnr Disney Evans neem amper elke naweek deel aan 'n wedren. Mnr Marnus gee self afrigting vir hoërskool leerders by Hoërskool Zwartkop.
Op 21 Aug neem die volgende leerders deel aan aan King Price Trail Seeker #2 Legends MX fietsry. Die uitlsae is soos volg:
- Janko Pheiffer 10 km Nipper kategorie 1ste plek vir seuns
- Hailey Evans 10 km Nipper kategorie 1ste plek vir dogters
- Annie Brink 10kim Nipper kategorie 2de plek
- Ruben van Niekerk 10 km Nipper kategorie 5de
- Charl Pheiffer 10 km Sprog kategorie 2de
- Katelynn Evans 10 km Sprog kategorie 1ste plek vir dogters
- Zandri jordaan 10 km Sprog kategorie 2de plek dogters
- Joshua Steenkamp 10 km Sprog kategorie
- Johnty van Niekerk 10 km Sprog 5 de plek
Hou hierdie sport dop dit gaan nog baie sportsterre oplewer vir die hoërskole!