ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL
Netbal word in die 2de kwartaal gespeel. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en is daar 15 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie.
Dit word in 4 groepe hanteer , naamlik Blitzimpi netbal (Gr RR) Blitzie netbal (GR R) Mini-netbal (Gr 1 tot Gr 3) en Senior netbal (Gr 4 tot Gr 7).
Blitzimpi en Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.
Mini Netbal is vir Gr. 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.
Liga wedstryde vind plaas vanaf 0/10 - 0/13 en in 2024 het ons 3 spanne in elke ouderdomsgroep. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng kampioenskappe deel te neem.
Ons neem ook deel aan die Interskole reeks saam met 9 ander skole. Ons 0/10A Netbal span speel uit vir 'n goud teen Laerskool Garsfontein en eindig 2de.
Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal toere by Sportisimo. Al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.
Tydens die 2026 Gauteng Netbal proewe is daar 2 dogters, Jessica Ortmann en Mickyala Language wat tot in laaste speel. Ongelukkig word nie een van hulle gekies vir die provinsiale span nie.
2025 se liga uitslae is soos volg:
Ons is tans besig met 2026 se liga wedstryde.