Stefan Otte word ingesluit in die Gauteng Noordspan vir 80m seuns o/10 in 2018 asook in 2019 vir 70m Hekkies. Hy neem deel aan SA's en behaal 'n 4de plek!
Atletiek by Bakies staan vir geen ander skool terug nie. Vir die afgelope 2 jaar het ons 3 atlete wat deurdring na die Gauteng Noord kampioenskappe toe en 1 dogter wat vir die 2de jaar in 'n ry deurgaan Suid Afrikaanse Kampioenskappe toe. Op Distriksvlak neem ons ongeveer 25 atlete saam om deel te neem.
Ons Meriete aand is 'n bewys van ons uistekende atlete wat ons oplewer.
Ons gee erkenning vir die beste Presteerder in elke item en wys ook die Victor en Victrix Ludorum aan. Baie geluk aan Handré Coetzee en Nianri Botha wat die Victor en Vicrtrix Ludorum is vir 2018/2019. 5 Atlete word in Jan 2020 genooi na die Top 10 Prestige byeenkoms toe omdat hulle op die Top 10 ranglys van al die Pretoria Skole is vir hulle onderskeie items. Dis voorwaar 'n groot prestasie!
Ons Victor en Victrux Ludoum vir 2019.
Ons 5 atlete wat genooi is na die Top 10 Prestige byeenkoms in 2020.
Stefan Otte ons vinnige blitsige naelloper en hekkie atleet.