Shaun von Berg is 'n oud Bakie wat in 1996, toe hy 10jr oud was, die Beker gewen het as Beste Veldwerker in Krieket. Hy is in 2019 ingesluit in die toetsgroep wat twee toetse in Sri Lanka gaan speel gedurende Julie. Shaun is een van drie draaiboulers wat deur die keurders vir die groep gekies is. Ons is baie trots op die oud Bakie!
Krieket by Laerskool Bakenkop moet nie onderskat word nie! Ons het tot 5 dogters wat al krieket speel waarvan die jongste in GR 1 is. Mienke de Jager word gekies vir die Gauteng Noord meisies krieketspan 0/13 in 2017 en 2018. Shaun de Bois word in 2019 in die Distrikspan gekies. In 2019 behaal 11 seuns Gauteng Noord kleure vir Binnenhuise krieket. Ons het ook seuns gehad wat vir die SA kleure hiervoor ontvang het. Pieter Joubert en Waldo Noeth was gekies vir die SA spanne waar hulle onderskeidelik die Kapteine van die SA spanne is. Jeandre Phister behaal ook die SA span in 2016.
Krieketseisoen vind plaas in die derde kwartaal. Spanne wat deelneem is as volg: 0/10, 0/11, 0/12 EN 0/13. Die 0/11 en 0/13 spanne gaan toer elke jaar
Bev krieket (Mini-krieket) is vir alle Gr R tot GR 2 leerders. Dit vind in die derde kwartaal plaas en strek tot in die vierde kwartaal. Oefentye is Woensdae 17:00 - 18:00 en Saterdae speel hulle wedstryde!
Die ouers van die mini-krieketspelers speel 'n belangrike rol. Sonder die ouers is mini-krieket nie moontlik nie. Ons ouers is ook afrigters!