HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?

WAT IS BAKENKOP ?

 BAKENKOP glo dat ‘n kind se opvoeding ’n Vennootskap is tussen ouers, onderwysers en kinders. EN, net soos in ‘n gewone sake vennootskap – moet elke vennoot poog om eerder te veel as te min te doen. Om net jou deel te doen, is te min.

 

BAKENKOP glo dat elke kind in hierdie skool spesiaal is – nie net jou eie kind nie.

 

BAKENKOP glo dat kinders en hul ouers gelyk is. So glo BAKIES dat alle kinders, of hulle ryk/arm is, mooi/lelik is, lank/kort is, vet/maer is, “in”/”uit” is, slim/dom is, vinnig/stadig is ALMAL GELYK is.

 

BAKENKOP glo dat jou kind ook my kind is. Dat daar ’n plig op my rus om agter jou kind te kyk, net soos daar ’n plig op jou rus om agter my kind te kyk.

 

’n BAKIE se liefde vir hierdie skool, is ’n liefde wat meer gee as wat hy neem.

 

’n BAKIE lei deur voorbeeld. ’n Voorbeeld te alle tye, op en af van die veld af, in jou kar en selfs voor die televisie. ’n BAKIE-leier is almal se leier, nie net ’n leier van sy/haar vriende of kind se klasmaats nie.

 

BAKENKOP se grootste wens is dat elke BAKIE ’n gelukkige kind sal wees. Prestasie is dus slegs ’n wonderlike bonus.

 

BAKENKOP weet waarheen hierdie skool oppad is. Elke BAKIE berei die pad voor vir ’n beter toekoms vir die skool. BAKIES gee tree vir tree – altyd vorentoe, nooit agtertoe nie.

 

BAKENKOP skuld jou niks. Dit is elke BAKIE wat BAKENKOP iets skuld. Jy skuld BAKENKOP jou tyd, jou energie en jou talent. Elke BAKIE is belangrik en word benodig. Dit is te laat om te wag vir iemand om eendag iets te doen. Eendag is NOU en daardie iemand is JY !

 

BAKENKOP plant die vrugteboom, gee dit water, versorg en vertroetel dit – al is die vrugte eers ryp, lank nadat sy kinders uit die skool is…

 

Eenkeer ’n BAKIE, altyd BAKENKOP !

 

Johan Schoeman

Beheerliggaam Voorsitter

2025