Elke 8 weke hou die verskillende grade met hulle graadverteenwoordigers en ouers 'n onniebederf vir die personeel in die personeel kamer. Dis die ouers se manier om dankie te sê vir die personeel se bydrae en hulp met hulle kinders. Die grade besluit self waarmee hulle die onderwysers wil bederf.
Hoe klein of groot ook al die bederf die onnies waardeer en geniet dit vreeslik! Op die spyskaart was al Kerrie en rys, Pannekoek met verskillende vulsels, Verskillende sop met brood, Hoender gereg, heerlike slaaie en kouevleis en roomys en sjokolade sous. Ons is selfs op Valentysdag bederf met n heerlike ontbyt! Dankie ouers dat julle ons so lekker bederf!