Alles gebeur altyd eerste by Laerskool Bakenkop. Ons leer ons Juniors van Wiskunde op 'n maklike manier. Ons trappe by die Junior blokke word "wiskundig geteël". Dis so populêr op Sosiale Media dat dit 410 727 mense bereik en Maroela Media besluit om hieroor 'n artikel te plaas. Lees gerus die artikel van Maroela Media. Ons senior blokke is slim genoeg vir Wisk en ons leer hulle eerder 'n derde taal aan. Ons Sepedi trappe word in 2019 opgesit en nou is ons Bakies nog slimmer!
https://maroelamedia.co.za/vreemdhede/fotos-pta-skool-se-oulike-wiskundetrappe/