MEDIA SENTRUM

 

Met Juf Elize aan die stuur van ons Media sentrum vernuwe sy die Mediasentrum in 2020 met Jak de Priester wat die inwyding kom doen, al is daar streng Covid reëls in plek. 

Kallie Kameelperd is die "baas van die plaas" hy kyk dat leerders lees by die Watergat! Hy moedig leerders aan om te lees en skryf graag staaltjies op D6. 

Juf Elize doen groot moeite met die aankoop van boeke en kan leerders nie die Media besoek of 'n boek uitneem sonder om dit in ons unieke mediasakkie te plaas nie. 

Al ons leerders is op 'n sisteem waar jy sommer maklik kan sien wie neem die meeste boeke uit en wie se boek is nog nie terug besorg nie. 

Die mediasentrum beskik oor ongeveer 7800 boeke wat fiksie, verhale, naslaanwerke en vakliteratuur insluit. 

Ons identifiseer Boek Beooordelaars wat deur die ATKV gedryf word van Gr. 2 tot Gr. 7 wat 'n n aantal boeke moet lees in 'n sekere tyd en 'n redensie daaroor skryf!

Jaco Jacobs, Martinette Faber en Fanie Viljoen is 'n gereelde besoekers wat vir die leerders kom voorlees. Ons hoekie waar bekendes kom kuier en op die muur skryf is vol!

Moeite word gedoen tydens wêreldboekedag waar ons leerders nie net kan aantrek soos hulle gunsteling karakter nie, maar daar word kunstenaars genooi om boeke voor te lees en opvoerings te doen.  


Leerders besoek die Mediasentrum tydens skoolure vir onderrig van mediavaardighede, om navorsing te doen in hulle verskeie leerareas en ook om boeke uit te neem. Die sentrum is oop gedurende pouses en ook naskool tot 15:00. '