Leerders word aan die einde van Graad 3 gekeur om aan die aktiwiteit deel te neem. Die gekeurde leerders neem dan deel aan die kunswedstryde soos Kraalkunstefees, Eistedfodd, Artistikulta en ander "Idols" en sang kompetisies. Die kinders sing met 'n "backtrack".
Sang oefeninge vind plaas op Maandae en Vrydae by die skool, alhoewel daar ook privaat sanglesse plaasvind. Aan die einde van die jaar word daar tydens die meriete prysuitdeling 'n "Beste ligte liedjie" aangekondig.
Oor die afgelope paar jare wen ons baie van die kompetisies in die verskillende kompetisies. Tans vir 2024 spog ons soos volg:
*Tyla Bernardt kwalifiseer vir die tweede ry in 'n jaar om aan die Nasionale SACOPA (South African Championships of Performing Arts) te gaan sing. Sy kwalifiseer in al vier haar genres.
Sy neem ook deel aan Kids Got Talent op 22 Junie 2024
* Karla Joubert dring ook deur na die Nasionale rondte van SACOPA met al 4 haar genres.
By Talent Africa ontvang sy goud vir al 4 haar genres en dring deur na die nasionale rondte.
Baie sterkte vir julle twee met die groot kompetisies wat vir julle wag!
15 Sangers neem deel aan die Spur Jongsterre sangkompetisie op 29 Mei 2024. 5 van hulle is deur na die finale toe en neem teen die ander laerskole op 13 Junie 2024.
- Lise-Marie Olivier sing 'n 3de plek los in die tawwe kompetisie vir die senior kategorie! Sy is ook een van 5 finaliste in die sang kompetisie "Lig en Ritme" wat aangebied word deur Josua na die Reën.
- Tyla Bernardt is deur na die semi-finale van Kids got Talent SA met 'n skitterende 90%. Sterkte vir die volgende rondte Tyla.
- Mieke du Preez in Gr. 6 is by die Legends of Arts se Nasionale sangkompetisie 2024 onder die Top 5 van die volgende:
#4 Populars Gr 6 en Gr. 7
#2 Gospel, Praise and Wordship Gr 6 - Gr. 7
# 2 English (Open) Gr. 6 en Gr. 7