Ons kan nie net werk werk werk nie. Daar moet ook gespeel word en ons weet HOE! As daar 'n geleentheid is skep ons dit.
Ons nuutste lekker aktiwiteit is ons KK&K dag. Ons begin met Kaskar dan Kermis en eindig met 'n Kekkel en Kraaibraai! Ons braai die sagste sappigste 728 hoenders op 'n spit van 100m lank!
Ons doen graag die volgende elke ander jaar of soms sommer elke jaar!
Waterkaskenades, Pantoffeldag, Pleisterdag, Bandanadag, Loslitdag, Valentynsdag ,Potjiekosdag.
Waar is dit lekker? By Bakies is dit lekker!!!