Die visie van die skool is om die leerders se volle potensiaal te ontwikkel.
Ons leerders se missie: Hanteer elke situasie so goed as wat ek kan.
Ons missie as personeel van Laerskool Bakenkop is
om die leerders te onderrig en op te voed,
sodat hulle vaardig en diensbaar is.
Skoollied
Trou aan ons eie rig Bakenkop
Trots, maar in ootmoed ‘n baken op
Baken van kennis geloof, hoop en moed
Op aarde gekoop met ons bloed.
Laat ons met wysheid ons land deurdrenk
Met al die gawes wat u ons skenk
Gee dat ons dade u raadsplan sal dien
Ons oë U koninkryk sien.
Neerlae en seges vul elke dag
Maar ons streef hoër, want Hoër Krag
Vul ons met ywer, met vreugde en trots
Want Bakenkop staan op ‘n Rots.
Geskryf deur Koos du Plessis