GR RR - ONS BEKKIGE BLITZIMPI'S

IMG 20220112 WA0063

 

 

Die video in 2024 op Facebook en Tik Tok gaan "viral" waar ons wys hoe ons kleinste leerders op 'n speel speel manier fyn motoriese ontwikkeling aanleer. Dit word met meer as 1.1miljoen keer gekyk Tiktok met 44.7k se "likes" en 3 270 mense wat kommentaar lewer. Op FB is daar 650 kommentaar. Almal is dit eens dat daar meer van die manier van leer moet plaasvind in skole. 

 Kyk gerus hier hoe hulle dit geniet!

https://www.youtube.com/shorts/-orCBpLle_k

Om in jou 40ste verjaarsdag jaar met iets nuuts by die skool te begin is altyd iets vir die boeke. Ons eerste Gr. RR klas sien die lig in Jan 2022.

Die klas groei binne die eerste kwartaal van 16 na 24 leerders en hulle druk verseker hulle stempel af in 2022 – wat ons tema is vir ons 40ste verjaarsdag jaar.   

Ons beskik tans oor 2 klassies met ongeveer 17 leerders in 'n klas.  Skooltyd is van 08:00 - 12:45. Die kamus maak reeds 6:45 oop. Ons beskik oor 'n wagklas tot 13:45. 

 

Laerskool Bakenkop se Gr. RR het ‘n unieke benadering.

Ons volg Finland se opvoedkundige holistiese riglyne om ‘n kind se volle potensiaal te ontwikkel voor skool.

Die Finlandse filosofie rondom onderwys van die jong kind, gekombineer met die Suid Afrikaanse Nasionale Kurrikulum Raamwerk vanaf die Departement van Basiese onderwys, voorsien in ‘n uitsonderlike platform as basis waaruit die leerders ontwikkel word.

Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikhede wat ontgin word. Die fokus is nie NET op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek.

Uit die staanspoor het ons die standaarde buitengewoon hoog gestel; diep onder die indruk dat ons met “Die Toekoms” werk en die kosbare geleentheid het om ‘n verskil te maak.

Binne ons liefdevolle, rustige en veilige omgewing kan jou kosbare kind sy of haar volle potensiaal bereik. Kinders moet so lank as moontlik nét kind wees EN SPEEL!

Daar word geen druk op ons kinders geplaas om te presteer nie – deur die Laerskool Bakenkop Gr. RR se kurrikulum berei ons kleuters voor vir formele leer, en gereed vir die uitdagings van ‘n groter wêreld. Aangesien ons klasse klein is, word elke kind daagliks waargeneem, sodat beplanning en aktiwiteite aangepas kan word om vaardighede en konsepte vas te lê.

Ons besoek 'n plaas, het ons eie modderkombuis, sensoriese tuin en bak en brou in 'n regt kombuis.  

IN KORT HIER MOET ‘N KIND SPEEL!

Ons baie speelruimte maak voorsieining daarvoor! 

Druk hier om te sien wat ons ouers sê na hulle eerste week as Gr. RR ouers.