Ons skool was bevoorreg om gekies te word vir 'n uitsending op KYKNET kanaal 144 se Skole Top 10. Ons het genoeg om mee te spog want ons het groot name in ons skool gehad soos Reynhardt Hugo, Koos du Plessis het ons skoollied geskryf en albei sy dogters was hier op skool en ons het tans nog vir Mnr Sias Wagner, oud Blou Bul van 2002 by ons skool. Dit word uitgesaai op 27, 29 en 31 Julie 2015. Natuurlik was dit die beste uitsending van al die skole!