Aan die einde van die jaar word daar erkenning gegee aan al die leerders wat presteer op akademies, sport en kultuur gebied. Dis 'n spog geleentheid waar leerders sertifikate en trofees ontvang vir hulle harde werk gedurende die jaar. Leerders wat genooi word ontvang 'n brief wat hom/haar uitnooi na die verskillende meriete funksies toe.
Leerders ontvang ook na afloop van sport of kultuur seisoen 'n sertifikaat vir deelname aan daardie spesifieke aktiwiteit. Dit word tydens 'n saal opening uitgedeel. Leerders wat vir 3 aaneenlopende jare deelgeneem het aan 'n sport of kultuur ontvang ook 'n balkie wat hy aan sy skoolbaadjie kan vaswerk.
2025 se Akademiese Prysuitdelings was weer uitmuntend met 'n tema van Afrikaans vier 100 jaar. Baie geluk aan almal wat in ons moedertaal presteer het.

