facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL 

Netbal word in die 2de kwartaal aangebied by Laerskool Bakenkop. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en is daar 10 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie. 

Dit word in 3 groepe hanteer , naamlik Blitzie netbal, Mini-netbal en Senior netbal.

Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.

Mini Netbal is vir Gr 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.  

Liga wedstryde vind plaas vanaf 0/10 - 0/13. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng Noord kampioenskappe deel te neem.  

Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks. Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal toere by Sportisimo. Al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.   

Baie dankie aan Pool Warehouse wat ons eerste en tweedespan dogters se rokkies geborg het in 2023

In 2023 wen die volgende spanne hulle liga

0/11A

0/11B

0/12B

Die 0/11 A en 0/13A spanne wen ook die RMS reeks in 2023. 

  netbal

                                                                                                                                         

 

               

 

                      


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER