HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
Ons hou van variasie gebruik gedurende klastyd soos musiek, videos, rolspel.
Om te wen is lekker, om deel te neem nog lekkerder en om dit te geniet die beste!
Ons hou van variasie gebruik gedurende klastyd soos musiek, videos, rolspel.
Om te wen is lekker, om deel te neem nog lekkerder en om dit te geniet die beste!
D6 connect:
Dis Laerskool Bakenkop se ‘Bybel”; alle inligting verskyn daar en moet u asb daarvan gebruik maak.
D6 Connect bied die volgende funksies aan:
Direk te antwoord op navrae van die skool (Vervanging van tradisionele skeurstrokies)
Veranderinge aan te bring aan ouers en leerders se persoonlike data op die skool se databasis
Algemene navrae direk aan die skool te stuur en terugvoer daarop te ontvang
Leerderafwesighede aan te meld
U kry ook toegang tot kind-spesifieke funksies:
Kliek hier om die program af te laai: https://connect.d6.co.za/login
Kliek hier vir hulp as u sukkel om die program af te laai. https://drive.google.com/file/d/1sPn1iTh3TqN4tzN69-UKVkJM4lCHpVF8/view
Druk hier om die gedragskode van die leerders af te laai
DISSIPLINE STELSEL - OORTREDINGS
A = AKADEMIESE OORTREDINGS WORD U DADELIK GESKAKEL.
B = GEDRAG OORTREDINGS
Die A en B-dissiplinestelsel is nou gerekenariseer, alhoewel daar punte toekennings by elke oortreding is, sal die ernstigheid van die oortredings bestuur word deur middel van die volgende kommunikasie aan ouers/voogde.
BRIEF 1 - Na 50 punte per kwartaal
Klasonderwyser stuur brief huis toe waarop ouer reageer met skeurstrokie
BRIEF 2 - Na ‘n verdere 50 punte of direkte 100.
Oueronderhoud of telefonies met Mnr Disney Evans.
BRIEF 3 - Na ‘n verdere 50 punte
Oueronderhoud met Mnr. W.J. Fourie.
BRIEF 4 - Na ‘n verdere 50 punte
Ouers en leerder sal voor Beheerliggaam moet verskyn.
Hoop dat ouers/voogde die personeel se hande sal versterk en daadwerklik sal help dat ons die probleme so gou as moontlik oplos, om verdere briewe te vermy.
Gr. RR & R inskrywings vir 2024 het reeds 20 Januarie 2023 oopgemaak.
Inskrywingsvorms was by voedingskleuterskole uitgedeel. Indien jou kind nie in die kleuterskole is nie is julle nogsteeds baie welkom om in te skryf. E-pos
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir 'n aansoekvorm.
Die opedag vir Gr. RR, Gr R en Gr 1 vir 2024 vind plaas op 7 Maart
Druk op die skakel om jou plek te bespreek vir die opedag
https://forms.gle/QqXjjVbEQfnNsBZF7
Vir enige ander graad se moontlike inskrywing voltooi asb die onderstaande skakel en ons kom terug na jou toe.
https://forms.gle/E3abwzrFczXSMivq7
.
Die merietestelsel is 'n aanvulling tot die gedragskode van die skool.
Die toepassing van die merietestelsel het ontstaan uit die gedagte om leerders se goeie gedrag aan te moedig en te beloon. Voorts is verwag die positiewe benadering ook positiewe verhoudinge tussen personeel en leerders en tussen leerders onderling sal bevorder. Die merietestelsel dra ook by tot die keuse wat 'n kind maak dat hy 'n meriete vir 'n optrede kan kry, wat positief is, of dat hy 'n negatiewe gedragskode kan kry.
Die merietestelsel werk veral vir die kleiner Gr. R - Gr. 5 leerder goed tot baie goed. Elke leerder kry 'n gesindheidskaart. Die graad 6 en 7-personeel gee ook aan hul merietes. Die groter leerders het al geleer dat positiewe gedrag vir hom/haar voordeel inhou. Die graad 6-leerders word ingedeel in werkgroepe, om hul ontluikende abstrakte denke te stimuleer, hul leefwêreld te verruim en nuwe ervarings op hul lewenspad te bring. Die graad 7-leerders het normaalweg 'n besige skoolprogram waarby hul kan inskakel, hul word as leiers verkies, kan op eie keuse aansoek doen om as 'n Bakiejollers gekies te word en is die "groot kinders" van die skool. Die akademiese program fokus ook op abstrakte denke en voorbereiding vir hul hoërskooljare wat voorlê.
Twee tot drie keer per kwartaal roep die Hoof die leerders vir merietes. Die Hoof stempel die leerders se gesindheidskaart en gee aan hulle 'n verrassing.
Merietes word onder Bakiestergedrag in huiswerkboek aangeteken.
In Januarie 1982 het die skool onder die dak van Laerskool Wierdapark begin. Die skool het toe bekend gestaan as Tweede Laerskool Wierdapark onder leiding van die waarnemende hoof, mnr PSN Swart. Op 23 April het ons ons eie gebou betrek en almal het van die “Veldskool” gepraat. In Oktober 1982 het die skool die naam Laerskool Bakenkop gekry. Ons skoollied is deur wyle Koos du Plessis geskryf en die woorde “trou aan ons eie" is as leuse gekies. Ons skoolwapen is op 20 Februarie 1984 deur die Buro van Heraldiek goedgekeur.
Ons skool sal op 23 April 2022 40 jaar oud wees en beplan ons n groot reunie vir al die oud Bakies!
Op 1 Des 2022 open ons ons eie Blitzi Boetiek. Al ons sportdrag, kouse, Gr RR en R hempies, Bakie Bersies en ander oulike Bakie goodies word hier verkoop. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas. Tannie Annelie van Wyk doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy klere benodig. Die ou voorraad klere wat ons nie wil aanhou nie skenk ons graag vir Laerskool Booyens. Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die skool se amptelike leweransiers te koop. Dit verseker eenvormigheid en bied 'n beter beeld vir die skool. Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skoolklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.Ons Blitzi's het ook 'n "baba" gekry en ons nuwe baba Blitzimpi's is baie populer!
Die kwartaalprogramme is onderhewig aan veranderinge en is ook te vind in die D6 connect vir ons ouers en leerders. Om die D6 connect af te laai gaan na Algemeen.
Die skoolgeld vir 2023 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 27 September 2022.
Druk hier om die skoolfooie vir 2023 te sien.
Die bankbesonderhede is soos volg:
Laerskool Bakenkop
ABSA
Rek no 3260 150 366
Verwysings nommer is altyd die FAMILIE KODE met die rede vir betaling bv skoolgeld/naskool/toer.
Visie
Om ons leerders se volle potensiaal te ontwikkel.
Missie
Om die leerders te onderrig en op te voed sodat hule vaardig en diensbaar is.
Leerling Visie
Ons hanteer elke situasie so goed as wat ons kan.
Skoollied
Trou aan ons eie rig Bakenkop
Trots, maar in ootmoed ‘n baken op
Baken van kennis geloof, hoop en moed
Op aarde gekoop met ons bloed.
Laat ons met wysheid ons land deurdrenk
Met al die gawes wat u ons skenk
Gee dat ons dade u raadsplan sal dien
Ons oë U koninkryk sien.
Neerlae en seges vul elke dag
Maar ons streef hoër, want Hoër Krag
Vul ons met ywer, met vreugde en trots
Want Bakenkop staan op ‘n Rots.
Geskryf deur Koos du Plessis