facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

 

Ons Junior koor wen die Super 8 in 2019! Ons Seniorkoor word aangewys as die beste koor tydens die Kraal Kunstefees in 2019.  

Ons het 'n Junior koor wat uit Gr 1 - 3 leerders bestaan en 'n Senior koor wat uit Gr 4 - 7 leerders bestaan. Vir beide kore moet jy gekeur word. Die keuring is streng en word bepaal deur die leerder wat ‘n suiwer stem en goeie musikale oor het. Ons werk baie aan stembou en gehoor.   Vanaf September 2018 word ons Seniorkoor begelei deur die welbekende Mnr Anton Pottas! Albei kore bestaan uit +70 lede 

Daar word aan kunswedstryde deelgeneem en hulle tree ook elke jaar op saam met bekende kunstenaars soos Bobby v Jaarsveld, Manuel Escorcio, Arno Jordaan en Nadine op by Lewende Woord se Foyer.   

Hulle was ook al genooi om  by Candles by Candlelight by die Centurion Mall op te tree saam met kunstenaars soos Liza Bronner, Nianel en Nadine.   

Koorafrigters woon jaarliks werkswinkels en kursusse by om te verseker ons staan nie terug  vir enige ander koor nie. 

Sing is die leerders se passie en hulle gaan sing-sing deur die skool!       SNR KOOR

 

 JNR KOOR

 


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER