Juf Elmarie het dit goedgedink om die Gr 6 leerders se NW klaswerk wat huidiglik gaan oor plante en lug te koppel aan die Spekboom uitdaging van 2020 . Elke leerder het 'n spekboom geplant in 'n blikkie en die blikkies gepak in 'n soortelyke landmerk soos Stellenbosch se "ladyrinth". In Sep die jaar gaan die leerders hulle spekboompie skool toe bring waarna die 129 spekboompies op die skool terrein geplant sal word. Tipies Bakie gees het hulle 'n "Spekboom kreet" uitgewerk wat sommer deel is van hulle tema van die jaar "Bakies droom groot". #spekboomchallenge2020
