In 2013 raak ons deel van Bosveldstereo 107.5fm se Blikkiesfees en samel 3331 blikkies kos in vir minder bevooregte mense in. Ons hoofseun en hoofdogter gesels op die radiostasie oor ons deelname. In 2014 daag ons onsself uit om meer as 3 331 in te samel en dit is toe baie maklik. Met 'n volle 5 002 blikkies later kon Bosveldsterio baie minderbevoorregte gesinne van kos voorsien. In 2016 is daar geen keer aan Bakies nie en ons samel 6427 blikkies in! Dankie Bakie ouers, dis julle wie se harte warm klop! Luister na ons Bakie leerders wat gaan praat op Bosveld Stereo 107.5fm op 15 Junie 2016 om 08:00
