By Laerskool Bakenkop geleë in Centurion word sukses verseker deur die professionele onderrigspan wat leerlinge aanspoor tot selfstandige en kreatiewe leer en toepassing met Christelike waardes en uitstekende tegnologiese hulpmiddels.
Ons fokus op POTENSIAAL en nie net op PRESTASIES nie. Ons kweek 'n gesindheid en begeerte om te groei en gewilligheid om te help.
Ons het hoë verwagtinge en standaarde - maar verwag nie die onmoontlike nie.
Alles gaan gepaard met Positiewe aanmoediging wat ons personeel met soveel passie uitleef en die balans tussen die beste akademiese, kulturele en sportgeleenthede met die klem op gelukkige kinders wat hulle volle potensiaal ontwikkel.
Die leerders en personeel moet hulleself elke jaar verbeter Geen jaar na jaar dieselfde. GROEI is uiters belangrik!
Speelruimte is vir ons baie belangrik en ons groen gras orals in die skool getuig daarvan.
Ons hou van variasie gebruik gedurende klastyd soos musiek, videos, rolspel.
Ons gee om vir elke kind. Ons stel doelwitte vir die leerders - klein treetjies vir treetjies. Leerders skryf hulle mylpale en suksesse neer, ongeag van die prestasies.
Ons ontwikkel leiers vir die toekoms, gee ekstra takies vir die voorlopers. Ons leer mekaar van empatie om om te gee, verhoudings te bou en tyd te maak vir ander kinders.
Dan stuur ons hierdie juwele in die wêreld in en die sukses stories moet om 'n koppie koffie bespreek word!
Om te wen is lekker, om deel te neem nog lekkerder en om dit te geniet die beste!