facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. 

Ons is kindgedrewe. 

Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. 

Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie. 

Hier word elke kind herken en erken. 

Hier is genoeg speelruimte vir almal. 

Ons is deel van ‘n Super 8 reeks. 

Gekwalifiseerde naskoolpersoneel. 

Uitstekende Gr R fasiliteite. 

Ons leerders leer waardes weekliks aan. 

D6 connect:

Dis Laerskool Bakenkop se ‘Bybel”; alle inligting verskyn daar en moet u asb daarvan gebruik maak.

D6 Connect bied die volgende funksies aan:

  • Gebruikers word ingelig en op datum gehou van die aktiwiteite van die leerders en skool
  • Relevante en opgedateerde inligting (bv: skool se kontakpersone en skoolrekeninge)
  • Laat gebruikers toe om:

           Direk te antwoord op navrae van die skool (Vervanging van tradisionele skeurstrokies)

          Veranderinge aan te bring aan ouers en leerders se persoonlike data op die skool se databasis

          Algemene navrae direk aan die skool te stuur en terugvoer daarop te ontvang

          Leerderafwesighede aan te meld

U kry ook toegang tot kind-spesifieke funksies:

  • Leerder Punte
  • Leerder Dissipline
  • Leerder Finansies
  • Leerder Afwesigheid

Kliek hier om die program af te laai: https://connect.d6.co.za/login

Kliek hier vir hulp as u sukkel om die program af te laai. https://drive.google.com/file/d/1sPn1iTh3TqN4tzN69-UKVkJM4lCHpVF8/view

Druk hier om die gedragskode van die leerders af te laai

DISSIPLINE STELSEL  -  OORTREDINGS

 

A  =  AKADEMIESE OORTREDINGS WORD U DADELIK GESKAKEL.

B  =  GEDRAG OORTREDINGS

Die A en B-dissiplinestelsel is nou gerekenariseer, alhoewel daar punte toekennings by elke oortreding is, sal die ernstigheid van die oortredings bestuur word deur middel van die volgende kommunikasie aan ouers/voogde.

  

BRIEF 1         -               Na 50 punte per kwartaal

Klasonderwyser stuur brief huis toe waarop ouer reageer met skeurstrokie

BRIEF 2         -               Na ‘n verdere 50 punte of direkte 100.

Oueronderhoud of telefonies met Mnr Disney Evans. 

BRIEF 3         -              Na ‘n verdere 50 punte

Oueronderhoud met Mnr. W.J. Fourie.

BRIEF 4         -              Na ‘n verdere 50 punte

Ouers en leerder sal voor Beheerliggaam moet verskyn.

Hoop dat ouers/voogde die personeel se hande sal versterk en daadwerklik sal help dat ons die probleme so gou as moontlik oplos, om verdere briewe te vermy.

Gr R inskrywings vir 2020 het op 4 Februarie 2019 geopen . 

 Die opedag vir Gr R 2020 is reeds afgehandel. 

Epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  om 'n inskrywingsvorm te kry of om navraag te doen oor die beskikbaarheid van enige graad. Die volgende addisionele dokumentasie moet vergesel word met alle inskrywings:

Afskrif van leerder se geboortesertifikaat

Afskrif van ouers se ID's

Bewys van Verblyf

Immuneseringskaart (vir Gr R inskrywings)

Nuutste rapport (vir Gr 1 - 7 leerders)

Oorplasingskaart (vir Gr 1 - 7 leerders)

.    

 

 

Die merietestelsel is 'n aanvulling tot die gedragskode van die skool.
Die toepassing van die merietestelsel het ontstaan uit die gedagte om leerders se goeie gedrag aan te moedig en te beloon. Voorts is verwag die positiewe benadering ook positiewe verhoudinge tussen personeel en leerders en tussen leerders onderling sal bevorder. Die merietestelsel dra ook by tot die keuse wat 'n kind maak dat hy 'n meriete vir 'n optrede kan kry, wat positief is, of dat hy 'n negatiewe gedragskode kan kry.

Die merietestelsel werk veral vir die kleiner Gr. R - Gr. 5 leerder goed tot baie goed. Elke leerder kry 'n gesindheidskaart. Die graad 6 en 7-personeel gee ook aan hul merietes. Die groter leerders het al geleer dat positiewe gedrag vir hom/haar voordeel inhou. Die graad 6-leerders word ingedeel in werkgroepe, om hul ontluikende abstrakte denke te stimuleer, hul leefwêreld te verruim en nuwe ervarings op hul lewenspad te bring. Die graad 7-leerders het normaalweg 'n besige skoolprogram waarby hul kan inskakel, hul word as leiers verkies, kan op eie keuse aansoek doen om as 'n Bakiejollers gekies te word en is die "groot kinders" van die skool. Die akademiese program fokus ook op abstrakte denke en voorbereiding vir hul hoërskooljare wat voorlê.

Twee tot drie keer per kwartaal roep die Hoof die leerders vir merietes. Die Hoof stempel die leerders se gesindheidskaart en gee aan hulle 'n verrassing.  
Merietes word onder Bakiestergedrag in huiswerkboek aangeteken.

IMG 6827      IMG 6830     IMG 6833

In Januarie 1982 het die skool onder die dak van Laerskool Wierdapark begin. Die skool het toe bekend gestaan as Tweede Laerskool Wierdapark onder leiding van die waarnemende hoof, mnr PSN Swart. Op 23 April het ons ons eie gebou betrek en almal het van die “Veldskool” gepraat. In Oktober 1982 het die skool die naam Laerskool Bakenkop gekry. Ons skoollied is deur wyle Koos du Plessis geskryf en die woorde “trou aan ons eie" is as leuse gekies. Ons skoolwapen is op 20 Februarie 1984 deur die Buro van Heraldiek goedgekeur.

Ons skool sal op 23 April 2015 33 jaar oud wees. 

REËLS IN VERBAND SKOOLDRAG EN SPORTDRAG:

Vanaf Januarie 2017 is skoolbaadjies beskikbaar vir Gr 4 - 7 leerders. 

skoolbaadjies dogters
Ouers word versoek om die voorgeskrewe skool - en sportdrag by die skool se amptelike leweransiers te koop. (Sien Verskaffers van Skooldrag). Dit verseker eenvormigheid en bied 'n beter beeld vir die skool. Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skool en sportklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas. Tannie Marelize Haasbroek doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy klere benodig.

Druk hier om die volledige dokument af te laai.

 

Blitzi boetiekmarethas 1        Wierdapark uitrusters nuut      

 

 

Die kwartaalprogramme is onderhewig aan veranderinge en is ook te vind in die D6 connect vir ons ouers en leerders. Om die D6 connect af te laai gaan na Algemeen. 

 

 

Ons snoepwinkel word bedryf die die eienaars van "The Purple Cow". Heerlike vars kos word daagliks aan die leerders verskaf.    

Vir navrae kontak Elri Grobler by 0836628183

Subkategorieëe

  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
PA EN SEUN TENT AAND - 9 NOV 2018
webVoor die jaar einde toe staan was dit nodig dat Pa en sy seun (of oupa of oom saam 'n Bakie seun) tyd spandeer sonder vrouens wat kekkel in hulle ore! Die beste manier om dit te doen is 'n...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
downloadDownload Name Play Track 1
TONEELGROEP
toneewebNog 'n eerste by Bakies! Ons begin 'n Toneelgroep in 2018 o.l.v. Mnr Munnik vd Merwe. Ons eerste kompetisie is op 27 Julie by die Eldofees met ons "familie drama"! Ons behaal 'n 3de plek vir...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2019
UITVOERENDE BESTUURSPAN 2019 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Disney Evans Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Marnus Putter Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2019 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 17 Oktober 2018. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2019 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...