facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Nog 'n eerste by Bakies! Ons begin 'n Toneelgroep in 2018 o.l.v. Mnr Munnik vd Merwe.

In 2019 wen ons groep "Ek soos Jy" die Artistuculta landswye kompetisie. Daarby saam word Inge Vosloo aangewys as die beste byspeler en Mnr Munnik is aangewys as die beste regisseur. Ons ander groep " Ek sal dalk net survive" word aangewys as die wenners by die Eldo Toneelfees in 2019! Leerders van Gr 5 - 7 kan kom vir oudisies aan die einde van elke jaar. 

 toneelgroep 

 

Inge Vosloo in aksie 

inge 2

     

 

 

In 2018 begin ons met groepsredenaars slegs vir Gr 6 en Gr 7. In 2019 behaal die die Gr 6 groep 'n 3de plek by die Nasionale Oppi Tong af kompetisie! 

Ons ontvang ook die volgende Centurion Kunstefees Prestige Toekennings in 2019:
Die Gr 7 groep wen die toekenning vir die Beste Skool Woordspel Afrikaanse huistaal Gr 7
Die Gr 6 groep wen die toekenning vir die Beste Skool Woordspel Afrikaanse huistaal Gr 6

Groepsredenaars is so gewild dat ons in 2020 van Gr 4 af daarmee gaan begin!

 groepsredenaars

   

Kom kyk waarmee hou moderne Bakie Voortrekkers hulle besig, waarom ‘n Voortrekker ‘n gelukkige kind is, met ABC-waardes: Christenskap, Burgerskap en Afrikanerskap.

Voortrekkers is nie net vir die leerlinge nie, maar Ma en Pa kan ook op vele vlakke betrokke raak, afhangend van wat die gesin se behoeftes is, en werksomstandighede dit toe laat.

In 2019 skenk Ons Voortrekkers 'n Geelhoutboom vir ons skool ter viering van hulle 88 ste verjaarsdag. Ons Gr R Voortrekkertjies het ook kom staan vir 'n foto. Dankie dat ons ook nog mag spog met Voortrekkers.

voortrekkers  voortrekkers

 

     

Elke jaar het Bakies 'n massadeelname waarin alle leerders van Gr R - 7 mag deelneem. Dit is n spog optrede en ouers, grootouers, vriende en vyande kan nie wag om daarna te kom kyk nie. In 2015 hou ons Onniekonsert en gee die leerders n kans om die onnies te sien "perform". 2016 se optrede was gehou op 20 September en die tema was "Laat die wiele rol". In 2017 vat ons vir Walt Disney aan met 'n magiese "It's a kind of Magic tema! In 2018 doen ons die SKOOL MET DIE BESTE GEES en in 2019 Reik ons na die sterre!  

In 2020 gaan ons weer 'n Onniekonsert hou.

2019

 

massa 3 

massa 2

 

massa 1

 

                                          

 

Hulle praat ons van ons kop af, in die klas, op die stoepe, tydens pouses, maar ons hou van ons Babbelbekkies. Ons redenaars is hoog op ons lys van kultuur aktiwiteite en ons praat net so goed in Engels as in Afrikaans. Ons hou 'n Afrikaanse en Engelse Redenaars middag by die skool waar 'n wenner uit elke graad gekies word. Daarna gaan neem hulle deel aan die Super 8 en die kunswedstryde, Oppi Tong en Radikale Redenaars. In 2018 behaal ons 'n 1st, 2de en 3de plekke op indivuduele vlak by die Super 8 en is algeheel 2de! In 2019 wen ons die Super 8 Engelse Redenaars. 

  • Chane van Rooyen wen in 2019 by die Artistikulta se Nasionale  Redenaars vir Afrikaans Eksperimenteel Gr 5 - 6.
  • Monica Swart is 3de by dieselfde kompetisie vir onvoorbereide lees in Afr en 5de in Engels. 
  • Ons Gr 6 groep is ook by die kompetisie 3de in die Eksperimentele kategorie! 
  • Lana van Schalkwyk is die Algehele wenner vir Prosa Lees ook by die Artistikulta se Nasionale  Redenaars

 redenaars

 Monica Swart, Lana van Schalkwyk en Chané van Rooyen

redenaars 1 

     

 

 

  

                                                  

 

 In 2016 bring ons 'n Junior Revue op die been. Dit bestaan uit Gr 1 - 4 leerders. Hulle kruip diep in die gehoor se harte met hulle tema van RIO in 2016. In 2017 is hulle tema PIRATES en ons wen die Super 8 reeks vir Junior Revues. Hulle tree op by die staatsteater en ander kunstefeeste en behaal A++! 

Ons is reg vir 2018 se optredes met ons tema " Come fly away with us". Ons tree op by die Staatsteater, Lewende Woord saam met Leah, Kaleidosope en SA Revue Championships. Kyk gerus na ons kwartaalprogram vir die 3de kwartaal om te kyk waar julle ons gaan sien. 

jnr web

                      

 

  

 

             

            

      

  

 



As dit regtig winterkoud is in Centurion, is dit die geleentheid vir die leerders wat aan die verskillende kultuuraktiwiteite deelneem om met hulle talente te spog. Vir ‘n week lank “KULTUUR” ons elke aand. Ons sing, dans, speel instrumente, doen drama en redenaars.

Ons nooi graag van die buurskole om saam te kom feesvier. Dit is groot jolyt! Die saal is elke aand stampvol en dis heerlik om by almal te spog met ons talente.

Die Junior- en Seniorkoor, Suikerbekkies, ligte liedjies en Bakiejollers is ons trots. Individuele leerders kry ook geleentheid om almal met hulle talente te verstom. In Bakieland staan kultuur nie ‘n tree terug vir sport nie.

 

 

1970645 10153619907730135 4016200790389970931 n     12039340 10153620256455135 296715351233269083 n   12047205 10153619985130135 4858877286437446200 n

 

Ons Jnr Revue wen die Super 8 in 2019.

Hou jy dalk van sing? Wat van dans? By ons Revues kan jy altwee doen. Die Jnr Revue bestaan uit Gr 1 - 4 leerders en ons Senior Revue uit Graad 5 -7 leerders. Voordat jy in die groep kan wees moet jy eers 'n oudisie doen. Jy hoef nie professioneel te kan sing of dans nie jy moet dit net kan geniet!

Ons tree op by die Super 8, Kaleidoscope, SA Championships, Kunstfeeste, Tswane Youth Arts festivals. 

DR TERTIUS JOKER VAN BINNELANDERS WAS EEN VAN ONS EERTE LEDE VAN ONS SENIOR REVUE IN 1999. Toe het hulle bekende gestaan as die Bakiejollers. 

DSC 0540 

        JNR REVUE 1 

          SNR REVUE

 



Bakies neem elke jaar deel aan die plaaslike kunswedstryde soos Eistedfodd, Kraalkunstefees en Centurion kunstefees. Hier wys ons ons talent in sing, spraak, drama en kuns. Ons lewer elke jaar kategoriëe wenners op. In 2016 het ons 9 kategoriewenners by die Centurion Kunstefees.  By die Kraalkunstefees verwerf ons 16 ligte liedjie leerders 14 A++, 12 A+ en 3 A's.

 Ons  lewer 3 kategorie wenners by die Centurion Kunstefees op in 2017 waarvan ons jongste net in Gr R is.   

Hier is van ons skuldenaars vir 2017

kuns 1    kuns

                    

Notepret aande by ons skool is presies waaroor dit gaan. Dis prêt wat saam met note gepaard gaan. Dit word gewoonlik in die begin van die 2de kwartaal gehou want dan het ons Kore tyd gehad om te oefen en kan hulle kom spog die aand. Ons nuwe Graad 4 ligte liedjie leerders tree ook die aand vir die eerste keer op met "backtrack" en al. 

notepret .       

                   

 

 

 

  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
GR.1 SE EERSTE DAG 2020
Gr 1 eerste dagDie opgewondenheid ken geen perke nie! Hulle slaap niks die vorige aand nie en daag by die skool op saam met al hulle geliefdes! Dis 'n voorreg om 'n Bakie te wees!
ADVERTERING OPSIES
beter besteDaar is geleentheid vir besighede om hulle produk by ons skool te bemark. Kliek op die skakel om die opsies te sien vir 2020.
BUITE AKTIWITEITE WAT BY SKOOL AANGEBIED WORD
A Wiskunde klasse Al die aktiwiteite word buitemuurs aangebied by Laerskool Bakenkop en word 'n maandelikse fooi daarvoor gevra. Kontak die persoon direk vir enige navrae.
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
ma dogter potGroot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2020
Laerskool Bakenkop is baie trots op hulle bekwame en opgeleide personeel op alle terreine. Hulle doen hulle werk met passie, trots en ywer! Elke leerder is vir hulle spesiaal. Kliek hier vir die...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2020 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 16 Oktober 2019. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2020 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
Download Name Play Track 1