facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Ons begin in 2019 vir die eerste keer aan Gholf liga deel te neem vir Gr 7 leerders. In 2020 sal ons meer spanne inskryf as daar spelers is. Ons neem ook deel aan die Super 8 Gholf.   Daar word ook Playgolf aangebied op ons velde deur Paul Neethling. Vir navrae oor die playgholf kontak Paul by 081 494 8922. 

gholf  

    

 

Ons 0/9 Span wen die Super 8 in 2019 

Wil jy graag by Laerskool Bakenkop skoolgaan? Nou maak 'n skyf! Ons neem skaak tot 'n volgende vlak en bied dit ook in "grootmaat" aan. Leerders kan pouse lekker saamspeel terwyl die ander leerders sit/staan en kyk met ons groot skaakblad op die speelterrein. Daar is Junior en Seniorspanne. Ons neem deel aan ligas asook Super 8! Ekstra skaaklesse deur 'n professionele afrigter word ook aangebied op Vrydae middae. Net so....skaakmat!

skaak IMG 4096       

 

     

In Bakieland het ons plek vir laaangasems ook! Hulle oefen eintlik die hele jaar anders raak daardie asempies kort! Ons neem deel aan ligas asook die Super 8 reeks. Verkseie leerders het al Gauteng Noord klere verwerf in die verlede. In 2016 verwerf Christian Greyling toe in Gr 3 sy Gauteng klere en neem deel aan SA's in Sep 2016. In 2017 het Christian Greyling en Janika Louw hulle Gauteng Noord kleure verwerf en kwalifiseer om aan die SA's te gaan deelneem in September 2017. Christian het 'n 9de plek verower.  

 In 2018 het ons 4 Gauteng Noord atlete. Almal raak net beter en beter.  

 Gerhard Scheepers, Christian Greyling, Owen Watt en Janika Louw verwerf hulle Gauteng Noord klere in 2018.  

 landloop 4

 

 

       landloop 1      

Hokkie word vir seuns en dogters aangebied in die derde kwartaal vanaf 0/10 tot 0/13.Ons het al verskeie GN Hokkie spelers opgelewer. Tans vir 2019/2020 is daar 3 dogters en 1 seun wat na die laaste rondte van die GN uitspele is. 

Ons het ook 2 Juffrouens wat Gauteng Noord klere verwerf het in hokkie waarvan die een die 0/13 Seuns afrig en die ander een die/13 dogters.      

 IMG 8381

 

                        

                 

Jacques Swanepoel en Merie Moore verwerf Gauteng kleure in Boogskiet vir 2017.  

              boogskiet

 

Boogskiet is 'n nuwe sportsoort by Laerskool Bakenkop vanaf 2014 .Ons het 7 spelers wat Gauteng klere verwerf in 2016. Ons Juniorspan is die Gauteng kampioenne vir 2016. By die NASP Copwatch Liga op 6 Mei 2017 wen ons 1st plek van die Junior spanne. Merie Moore in Gr R7 skiet ‘n wenplek vir Junior dogters en Jacques Swanepoel ook in GR 7 skiet ‘n Derde plek vir Junior seuns.

Op 24 Junie 2017 behaal ons 'n 2de plek by die Interskole kompetisie. By die Gauteng Provinsiale kompetisie skiet Merie Moore ‘n pragtige Silwer medalje los vir Junior Dogter skut. Baie Geluk Merie!

In 2016 skiet Ruan Joubert sy beste telling by die Gauteng Kampioenskappe met 287/300. Hiermee wen hy die SA Laerskool kampioene asook algehele eerste plek van al die Junior en Senior skuts.

Boogskiet oef vind op Maande plaas en kompetisies geskied op Saterdae.

 

IMG 0572

 

 

 IMG 20180204 WA0018             IMG 20180204 WA0019       10250221 10203027265916604 5327194408672984894 n               

 

         

 

ONS IS 2DE IN DIE SUPER 8 VIR 2017. DIE 0/11'S WEN DIE LIGA 

JUK1

 

 

 

 Dis 'n mik, korrel, gorrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei!  Ons het 'n baie goeie 2016 gehad in dié sport. Ons 0/13 Seuns B span wen die liga in 2016 en die A span eindig 2de. Die dogters spanne behaal 3de plekke. 7 Leerders is gekies vir die Gauteng-Noord se spanne  Tiaan Behr word gekies vir die Uitnodigings span wat JSA gaan verteenwoordig het in die Namibiese Jukskei Kampioenskappe te Windhoek. Hy was toe ook gekies vir Internationale Jukskei vereniging span wat in 'n vertoonwedstryd moes speel. Hier wen hy ‘n goue medalje. Jukskei word in die 3de kwartaal beoefen.  

   

            JUK WEBB               JUK WEBBBB     JUK WEBBBB     JUK WEB      JUK WEB 3

     

 

 

Shaun von Berg is 'n oud Bakie wat in 1996, toe hy 10jr oud was, die Beker gewen het as Beste Veldwerker in Krieket. Hy is in 2019 ingesluit in die toetsgroep wat twee toetse in Sri Lanka gaan speel gedurende Julie. Shaun is een van drie draaiboulers wat deur die keurders vir die groep gekies is. Ons is baie trots op die oud Bakie!

Capture      20180720 085137 

 

Krieket by Laerskool Bakenkop moet nie onderskat word nie! Ons het tot 5 dogters wat al krieket speel waarvan die jongste in GR 1 is. Mienke de Jager word gekies vir dit Gauteng Noord meisies krieketspan 0/13 in 2017 en 2018. Shaun de Bois word in 2019 in die Distrikspan gekies.  In 2019 behaal 11 seuns Gauteng Noord kleure vir Binnenhuise krieket.  Ons het ook seuns gehad wat vir die  SA kleure hiervoor ontvang het. Pieter Joubert en Waldo Noeth was gekies vir die SA spanne waar hulle onderskeidelik die Kapteine van die SA spanne is. Jeandre Phister behaal ook die SA span in 2016. 

Krieketseisoen vind plaas in die derde kwartaal. Spanne wat deelneem is as volg: 0/10, 0/11, 0/12 EN 0/13. Die 0/11 en 0/13 spanne gaan toer elke jaar

Bev krieket (Mini-krieket) is vir alle Gr R tot GR 2 leerders. Dit vind in die derde kwartaal plaas en strek tot in die vierde kwartaal. Oefentye is Woensdae 17:00 - 18:00 en Saterdae speel hulle wedstryde!

Graad 0 / O/6 seuns
Graad 1 / O/7 seuns
Graad 2 / O/8 seuns

Die ouers van die mini-krieketspelers speel 'n belangrike rol. Sonder die ouers is mini-krieket nie moontlik nie. Ons ouers is ook afrigters!

 

     

 

 

         

 

 

 

 

 

                         

    

               

 

   

ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL 

Simoné Rabie, oud Bakie van 2010 is gekies vir die SA netbalspan 0/21 in 2016/2017.  

 

Netbal word in die 2de kwartaal aangebied by Laerskool Bakenkop. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en in 2017 is daar 7 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie. 

Dit word in 3 groepe hanteer , naamlik Blitzie netbal, Mini-netbal en Senior netbal.

Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.

Mini Netbal is vir Gr 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.  

Liga wedstryde vanaf 0/10 - 0/13 plaasvind. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng Noord kampioenskappe deel te neem. In 2017 dring Mienke de Jager deur tot die finale rondte van die GN proewe.

Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks. Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal kursusse/toere by Raloka, Camp Discovery en Konga. 2017 se toer vind plaas op 10 - 12 Maart by Camp Discovery en al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.   

Die 0/10 - 0/13 spanne het gaan toer die naweek van 23 - 25 Feb 2018.

 netbal 2       netbal 3      net 

                                                                                                                                         

 

               

 

                      

Ons het ook Bulletjie Rugby ( 0/6 - 0/8) waar hierdie seuns vaardighede ontwikkel en sommer lekker speel. Ons begin al in die 1ste kwartaal oefen op Maandae en Woensdae van 17:00 - 18:00. Wedstryde vind plaas in die 2de kwartaal op Saterdae en daar is selfs 'n Bulletjie dag op Loftus. Pappas wat wil betrokke raak by die afrigting kan vir Mnr Stephann Nel skakel by die skool of epos hom by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..  Bulletjie rugby begin 19 Feb 2018 

       IMG-20160606-WA012                 D4 4113   D4 4352   D4 4356     D4 4866

 

 

 

Rugby by Laerskool Bakenkop word met passie afgerig deur elke afrigter sodat ons spanne goed kan presteer. Liga wedstryde vind plaas van 0/9 af. Elke afrigter is gekwalifiseerd en word jaarliks gegradeer, sodat ons op hoogte is van alle reëls en regulasies. Afrigting geskied met respek. Rugby is op ons sportgebied ons trots, want hier speel ons soos trotse Bakies met alles wat ons kan gee. Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks.  In 2014 en 2015 het ons 3 seuns wat gekies word vir die Bloubulle span. 

0/9 -0/10 spanne het 'n Rugby kliniek aan in die April vakansie terwyl ons 0/11 en 0/13 seuns gaan toer na Jubaweni toe. Alles om ons voor te berei vir die ligawedstryde in die 2de kwartaal. Rugby proewe begin op 27 Januarie 2020. 

rugby

 

           

 

 

 

 

  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
BUITE AKTIWITEITE WAT BY SKOOL AANGEBIED WORD
A Wiskunde klasse Al die aktiwiteite word buitemuurs aangebied by Laerskool Bakenkop en word 'n maandelikse fooi daarvoor gevra. Kontak die persoon direk vir enige navrae.
ONS HET PRET
IMG 20190830 WA0184Ons kan nie net werk werk werk nie. Daar moet ook gespeel word en ons weet HOE! As daar 'n geleentheid is skep ons dit. Ons nuutste lekker aktiwiteit is ons KK&K dag. Ons begin met Kaskar dan...
Lees verder...
BAKIES FOTORAAM!
fotoraamOns spog in 2019 met ons Bakie fotoraam waar enige iemand 'n foto kan kom neem in die #Superskool raam. BETER BESTE BAKENKOP!
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
ma dogter potGroot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2020
Laerskool Bakenkop is baie trots op hulle bekwame en opgeleide personeel op alle terreine. Hulle doen hulle werk met passie, trots en ywer! Elke leerder is vir hulle spesiaal. Kliek hier vir die...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2020 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 16 Oktober 2019. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2020 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
Download Name Play Track 1