BAKIES SE JAARLIKSE TEMAS

Elke jaar het ons 'n unieke Bakie tema wat ons uitleef en uitdra vir die jaar.  Ons tema vir 2023 is 

bakies is gerat

GERAT VIR 2023, ‘n gepaste tema vir die gemeenskap van Laerskool Bakenkop.

Onwillekeurig dink ek aan die ketting op ‘n fiets wat die ratte voor na agter verbind. Hierdie ratte en kettings is nogal belangrik om ratte te verander wanneer jy moeilik  of te maklik trap.

Ratte verskil in grootte en pas inmekaar om sodoende beweging te veroorsaak. Voorbeelde hiervan:

Die Kabelkar op Tafelberg,

ń Duursame staanhorlosie in oupa en ouma se huis.

Wanneer ratte op die regte manier verbind word en goed ge-olie is sal die gewenste en of verwagte beweging plaasvind.

Om hierdie ratte en kettings ge-olie te hou is noodsaaklik om enige verwagting vir 2023 ’n realiteit te maak.

Vir elke Leerder, Onderwyser en Ouer,

Wees altyd gereed m.a.w ge-olie.

Hê alles in plek, wees gerat.

Sodoende is jy verseker van beweging en vooruitgang vir al jou doelwitte en drome vir 2023.

Sterkte vir die jaar.

Mnr Willie

  • 2022 - Bakies druk hul stempel af 
  • 2021- Bakies groei saam.
  • 2020 - Bakies droom groot! 
  • 2019 - Bakies reik na die sterre
  • 2018 - Bakies klim die leer na sukses
  • 2017 - Bakies trap diep spore
  • 2016 - Bakies is op die regte spoor
  • 2015 - Bakies vlieg hoog
  • 2014 - Bakies is aanboord

collage