facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

In 2014 is ons tema " IS JY AANBOORD"  

Vir ons kinders “is jy aanboord” beteken dit; is jy waar jy moet wees of mis jy jou lewensvaart by Laerskool Bakenkop? Iemand wat aanboord is, is elke dag betyds, voobereid, huiswerk is gedoen en ek doen die beste volgens my vermoëns.

As jy nie aanboord is nie staan jy op die wal en kyk jy hoe ander op hul lewensreis by jou verbygaan. Jy sien hoe ander gelukkig leef en beloon word vir goeie prestasies.

Hoe wonderlik sal dit nie wees as elke Bakie van dag een af aanboord kom, die liefde van ons Hemelse Kaptein ervaar deur ondsersteuning en voorbeelde van ouers, maats en personeel. Dan sal ons voorwaar aan die einde van die jaar weer kan anker by ‘n volgende hawe oppad na ‘n volgende fase in ons lewens. 

is jy aanboord klein

 

Aan die einde van 2014 het ons die Bakieskip geanker na ‘n baie besige en suksesvolle jaar. In 2015 is ons tema " BAKIES VLIEG HOOG".

Elke Bakie kry 'n paspoort tot vlug BAkie2015 vir ‘n opwindende reis in 2015.

Baie sterkte aan elke Bakie leerder, ouer en personeellid (ons passasiers) wat saam met Laerskool Bakenkop hoog gaan vlieg en gaan poog om baie hoë hoogtes te bereik; nie net op kultuur- en sportgebied nie maar veral op akademiese gebied.

Bakies vlieg hoog klein 

 Na 'n baie suksesvolle 2015 land ons veilig en is dankbaar vir alles wat ons kon bereik op die vlug. Ons is gereed vir 2016 en diè jaar gaan ons op die trein. Ons tema is " BAKIES IS OP DIE REGTE SPOOR". 

Die lewe is soos 'n reis op 'n trein ... met sy stasies ... met die veranderinge van roetes ... en met ongelukke!

Ons begin hierdie lewensreis op hierdie trein wanneer ons gebore word en ons ouers is die mense wat ons kaartjie koop.

Ons glo hulle sal altyd op hierdie reis saam met ons wees.

Maar op 'n sekere stasie sal ons ouers van die trein afklim, en ons alleen laat op hierdie reis.

Soos die tyd aanstap sal ander passasiers op die trein klim wat ‘n betekenisvolle rol sal speel - ons broers en susters, vriende, kinders en selfs die liefde van ons lewe.

Baie sal ook afklim tydens die reis en 'n permanente leemte in ons lewens laat.

Baie sal ongesiens afklim sonder dat ons eens sal weet dat hulle hul sitplekke verlaat het!

'n Goeie reis sal wees om vir mede passasiers te help om; om te gee, liefdevol te wees en sodoende goeie verhoudinge met elkeen te bou om seker te maak dat ons, ons bes doen om hul reis ook gemaklik te maak.

Met hierie gesindheid word jy verwelkom op die 2016 BAKIE treinrit – Voorspoedige reis, bly op die regte spoor! 

Bakies is op die regte spoor klein

  

In 2017 loop ons op moeder aarde se grond - "BAKIES TRAP DIEP SPORE"

Voetspore is bewyse van waar ons was.Voetspore kan die rigting aandui in watter algemene rigting ons beweeg.Voetspore kan vertel hoe vining of stadig ons beweeg het gemeet aan die tree lengtes .Voetspore kan gevolg word.Voetspore kan wys, gemeet aan die diepte, watter laste jy gedra het.Sou jy terugkyk aan die einde van 2017 watter geheime gaan jou voetspore verklap?Geheime van die spoed waarteen jy beweeg het, die rigting vorentoe, agtertoe of sywaarts .Gee jy met jou voetspore leiding of lyding aan ander?Gelukkig weet ons dat wanneer ons ons Skepper se voetspore volg dit met ons goed sal gaan.Sterkte aan al die leerders , kom ons rek die treë en trap spore wat nagevolg wil word in Bakieland in 2017

diep spore klein

 

2018 " Bakies klim die leer na sukses"

Dit is ‘n baie toepaslike tema vir die doel waarvoor ons moet skool toe kom. Elke dag het nuwe uitdagings en hoogtepunte, selfs ook laagtepunte. Daarom stel elke sport van die leer ‘n oorwinning voor. Soos wat ons hoër en hoër klim word die verantwoordelikheid en uitdagings hoër en is daar groter risikos. Om hierdie rede binne ‘n akademiese veld word daar heelwat meer van ‘n Gr 7 leerder verwag as ‘n Gr R of 1 leerder. Elke leer wat geklim word tot ‘n nuwe vlak kan ook die slang langsaan hê wat jou insluk en verteer sodat jy weer ‘n paar vlakke terugval.

Bakies klim die leer na sukses canvas


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
TONEELGROEP
toneewebNog 'n eerste by Bakies! Ons begin 'n Toneelgroep in 2018 o.l.v. Mnr Munnik vd Merwe. Ons eerste kompetisie is op 27 Julie by die Eldofees met ons "familie drama"! Ons behaal 'n 3de plek vir...
Lees verder...
GROEPSREDENAARS
Gr 4 ChristineIn 2018 begin ons met groepsredenaars. Sommer vroeg al wys die Gr 4 - 6 groepe hulle staal en behaal 2 A simbole en een A+ simbool by Oppi Tong af radikale redenaars in Julie 2018. Hou die spasie...
Lees verder...
GR R ROBOT - NOG 'N EERSTE
robot 1By watter ander Gr R kampus gaan jy nog 'n regte egte robot kry om die leerders padveiligheid te leer! Net in Bakieland. In 2017 is ons bevoorreg om 'n robot geskenk te kry. So leer die leerders...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2018
Kliek hier om die personeel van 2018 te sien. UITVOERENDE BESTUURSPAN 2018 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Disney Evans Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Marnus Putter...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2019 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 17 Oktober 2018. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2019 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...