Dis 'n mik, korrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei! Ons is een van min skole wat Jukskei aanbied sedert 2015. Elke jaar raak ons beter en beter en in 2023 kry ons dit uiteindelik reg om Laerskool Garsfontein wat vir jare die liga wenners is vir seuns 0/13 met goeie reg te klop. Ons seunsspan 0/13 en 0/11 wen die liga vir 2023. Ons dogters 0/11 en 0/13 spanne is 3de in die liga.
Baie sterkte ook aan die 7 seuns wat gekeur is om aan die Gauteng Noord Jukskei proewe te gaan deelneem.
Margereet Visser Botha word gekies vir die uitnodigingspan wat JSA gaan verteenwoordig het in die Namibiese Jukskei Kampioenskappe te Windhoek in 2019. Karla Agenbag, Margareet - Visser Botha en Xander Erasmus het Gauteng Noord klere vir Jukskei ontvang in 2019.