ONS IS 2DE IN DIE SUPER 8 VIR 2017. DIE 0/11'S WEN DIE LIGA
Dis 'n mik, korrel, gorrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei! Ons het 'n baie goeie 2016 gehad in dié sport. Ons 0/13 Seuns B span wen die liga in 2016 en die A span eindig 2de. Die dogters spanne behaal 3de plekke. 7 Leerders is gekies vir die Gauteng-Noord se spanne Tiaan Behr word gekies vir die Uitnodigings span wat JSA gaan verteenwoordig het in die Namibiese Jukskei Kampioenskappe te Windhoek. Hy was toe ook gekies vir Internationale Jukskei vereniging span wat in 'n vertoonwedstryd moes speel. Hier wen hy ‘n goue medalje. Jukskei word in die 3de kwartaal beoefen.