facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL 

Simoné Rabie, oud Bakie van 2010 is gekies vir die SA netbalspan 0/21 in 2016/2017.  

 

Netbal word in die 2de kwartaal aangebied by Laerskool Bakenkop. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en in 2017 is daar 7 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie. 

Dit word in 3 groepe hanteer , naamlik Blitzie netbal, Mini-netbal en Senior netbal.

Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.

Mini Netbal is vir Gr 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.  

Liga wedstryde vanaf 0/10 - 0/13 plaasvind. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng Noord kampioenskappe deel te neem. In 2017 dring Mienke de Jager deur tot die finale rondte van die GN proewe.

Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks. Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal kursusse/toere by Raloka, Camp Discovery en Konga. 2017 se toer vind plaas op 10 - 12 Maart by Camp Discovery en al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.   

Die 0/10 - 0/13 spanne het gaan toer die naweek van 23 - 25 Feb 2018.

 netbal 2       netbal 3      net 

                                                                                                                                         

 

               

 

                      


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
PA EN SEUN TENT AAND - 9 NOV 2018
webVoor die jaar einde toe staan was dit nodig dat Pa en sy seun (of oupa of oom saam 'n Bakie seun) tyd spandeer sonder vrouens wat kekkel in hulle ore! Die beste manier om dit te doen is 'n...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
downloadDownload Name Play Track 1
TONEELGROEP
toneewebNog 'n eerste by Bakies! Ons begin 'n Toneelgroep in 2018 o.l.v. Mnr Munnik vd Merwe. Ons eerste kompetisie is op 27 Julie by die Eldofees met ons "familie drama"! Ons behaal 'n 3de plek vir...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2019
UITVOERENDE BESTUURSPAN 2019 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Disney Evans Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Marnus Putter Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2019 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 17 Oktober 2018. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2019 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...