ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL
Simoné Rabie, oud Bakie van 2010 is gekies vir die SA netbalspan 0/21 in 2016/2017.
Netbal word in die 2de kwartaal aangebied by Laerskool Bakenkop. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en in 2017 is daar 7 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie.
Dit word in 3 groepe hanteer , naamlik Blitzie netbal, Mini-netbal en Senior netbal.
Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.
Mini Netbal is vir Gr 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.
Liga wedstryde vanaf 0/10 - 0/13 plaasvind. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng Noord kampioenskappe deel te neem. In 2017 dring Mienke de Jager deur tot die finale rondte van die GN proewe.
Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks. Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal kursusse/toere by Raloka, Camp Discovery en Konga. 2017 se toer vind plaas op 10 - 12 Maart by Camp Discovery en al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.
Die 0/10 - 0/13 spanne het gaan toer die naweek van 23 - 25 Feb 2018.