facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Bakies se Mediasentrum tops in Gauteng vir die Tweede keer!!
Die Gautengse Onderwysdepartement wys jaarliks die beste mediasentrums in Gautengse skole aan.

Tydens 2009 se ‘School Library Seminar’ het Bakenkop die eer ontvang om vir die tweede keer die toekenning genaamd “Winner of the School Library Award” vir die jaar 2008 te ontvang. Die toekenning is in die kategorie vir laerskole en is tydens‘n spoggeleentheid waar Gauteng skole verteenwoordig word, deur mev. Tina de Villiers in ontvangs geneem. Dieselfde toekenning is ook in 2007 aan Bakenkop se mediasentrum toegeken. Hierdie jaar is dit gedeel met Glenstantia Primary.

Juf. Rejeanne skryf dit veral daaraan toe dat lees deurlopend en op verskillende interessante maniere by die Bakies bevorder word vanuit die madiasentrum, die rekenaarsentrum (gesamentlik bekend as die inligtingsentrum) en vanuit die klaskamer. Daar word ook groot moeite gedoen met die aankoop van boeke en die samewering van die beheerliggaam ten opsigte van die begroting getuig van die groot waarde wat daar aan lees vir plesier sowel as inligting geheg word.


Bakenkop se mediasentrum beskik oor ongeveer 7800 boeke wat fiksie, verhale, naslaanwerke en vakliteratuur insluit. Daar is ook 'n groot voorraad oudiovisuele media wat prente, skyfies, videokasette, oudio-kasettte, transparante, multi-media pakkette, rekenaar cd's en musiek cd's insluit. Oudiovisuele apparaat word ook aan onderwysers uitgereik vir klasgebruik.

Leerders besoek die Mediasentrum tydens skoolure vir onderrig van mediavaardighede, om navorsing te doen in hulle verskeie leerareas en ook om boeke uit te neem. Die sentrum is oop gedurende pouses en ook naskool tot 15:00. 'n Uiters bekwame onderwyseres-bibliotekaresse is voltyds aan diens. Leerders word ook hier die geleentheid gegun om Medialeiers te wees. Gereelde leesweke word gehou en statistieke toon dat die Bakies ywerige lesers is!

IMG 2561     IMG 2562     IMG 2564    IMG 2565      IMG 2573         

 


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
GR.1 SE EERSTE DAG 2020
Gr 1 eerste dagDie opgewondenheid ken geen perke nie! Hulle slaap niks die vorige aand nie en daag by die skool op saam met al hulle geliefdes! Dis 'n voorreg om 'n Bakie te wees!
ADVERTERING OPSIES
beter besteDaar is geleentheid vir besighede om hulle produk by ons skool te bemark. Kliek op die skakel om die opsies te sien vir 2020.
BUITE AKTIWITEITE WAT BY SKOOL AANGEBIED WORD
A Wiskunde klasse Al die aktiwiteite word buitemuurs aangebied by Laerskool Bakenkop en word 'n maandelikse fooi daarvoor gevra. Kontak die persoon direk vir enige navrae.
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
ma dogter potGroot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2020
Laerskool Bakenkop is baie trots op hulle bekwame en opgeleide personeel op alle terreine. Hulle doen hulle werk met passie, trots en ywer! Elke leerder is vir hulle spesiaal. Kliek hier vir die...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2020 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 16 Oktober 2019. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2020 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
Download Name Play Track 1