GR R-ALGEMEEN

              

             Gr R                      

Hoekom Gr R by Laerskool Bakenkop?   

  • Gerieflik geleë op Laerskool Bakenkop se terrein. Leerders leer maats en omgewing ken, wat aanpassing in Gr. 1 vergemaklik.
  • ‘n Leerdergesentreerde program word gevolg nl. die Nasionale Kurrikulum - en assesseringsbeleid verklaring vir 2012  soos voorgeskryf deur die Nasionale Departement van Onderwys.
  • Gereelde vorderingsverslae en oueraande hou u op hoogte van u kind se vordering.
  • Gekwalifiseerde onderwysers wat spesifiek in Gr. R onderwys opgelei is. Voortgesette bywoning van kursusse.
  • Addisionele eie keuse aktiwiteite word voor skool en  na skool teen ekstra koste aangebied.
  • Ballet
  • Kidi – Sportz
  • Active English
  • Blitzi Netbal
  • Bulletjie Rugby
  • Titans Krieket
  • Deelname aan aktiwiteite by die skool bv. atletiek, bulletjie-rugby, mini-krieket, mini-netbal,tennisafrigting, revue, kerstablo en gimnastrade. Lg. drie word jaarliks om die beurt aangebied en betrek liefs die hele skool se leerders.
  • Pret en/of opvoedkundige aktiwiteite word wisselend jaarliks aangebied. Eie keuse vir deelname geld en ’n kostefooi word, indien nodig, gehef.
  • Ons strewe om elke kind in ‘n gelukkige en informele atmosfeer te ontwikkel en gereed te maak vir formele onderrig.  

KOSTE

  • Skoolgeld is vooruitbetaalbaar vir 11 maande, vanaf Januarie. Die skoolfooi vir 2023 is R  2400.00 p.m.

ALGEMEEN

Skoolure:  08:00 tot 12:45

 

Geen Gr. R-leerder word  toegelaat om by die hek te wag nie.Die veiligheid van u kind is vir ons belangrik.

 

DAGPROGRAM VIR GR R

Aktiwiteit 1 tot 5  is gerigte aktiwiteite in die 3 leerareas nl. Huistaal, Wiskunde  en Lewensvaardigheid. 

Tyd:                                                                                      Aktiwiteite:

07:00 - 08:00                                          Aankoms en keuse van eie aktiwiteite

                                                               Opruim

08:00 - 08:30                                          Toiletroetine

                                                               Opening

                                                               Register, kalender en weerkaart

                                                               Boodskapboekies en nuustyd

08:30 – 09:45                                         Aktiwiteit 1 (Groepbespreking)

                                                               Aktiwiteit 2 (Kuns en vryspel)

                                                               Opruim en handewas

09:45 – 11:00                                         Verversings

                                                               Buitespel (sand, water, balle, klimrame,fantasie, ens.)

11:00 – 11:15                                         Opruim en toiletroetine

11:15 – 11:35                                         Aktiwiteit 3 (Beweging,Musiek)

11:35 – 12:00                                         Aktiwiteit 4 (Wiskunde, Wetenskap en Persepsie)

12:00 – 12:15                                         Opruim van klaskamer en tasse pak

12:15 – 12:30                                         Aktiwiteit 5 (storie, dramatisering)

12:30                                                      Afsluiting

12:45                                                      Leerders gaan huis toe of naskool toe.

 

Een van ons doelwitte is om die leerders te leer om hul persoonlike besittings op te pas.  Om ons hiermee te help, vra ons dat alles duidelik gemerk word.  Skryf die kind se naam (nie net voorletters) in kleinletters op ’n papiertjie, plak kleeflint bo-oor en draai dit om die potlood, kryt ens.  Elke leerder gebruik sy eie skryfbehoeftes.  Ons voorsien ’n houer met sy/haar naam op bv Sannie en net SANNIE of S Nel nie .  Skryfbehoeftes word elke vakansie huis toe gestuur sodat potlode skerp gemaak en aangevul kan word.

 GR R REËLS

  • Klere:

Gr R leerders dra nog gewone klere. Daar is wel 'n Gr R hempie te koop wat hulle aantrek op Vrydae en met instappies. Merk alle klere, veral baadjies en skoene, duidelik. Leerders moet ou speelklere, wat maar kan vuil word, aantrek. Dogtertjies moet  verkieslik ’n lang/kort broek met gewone tekkies of plat skoene aantrek. (Geen hoë hakke of dik sole). Lang hare moet vasgemaak word.

  • Boodskapboekie:

Elke leerder ontvang ’n boekie wat gebruik word as kommunikasie middel  tussen ouer en skool. Los briewe kan uitgehaal word. Geen speelgoed van huis word by skool toegelaat nie.

  • Verversings

Slegs broodjies, vrugte, pro-vita, of soortgelyke gesonde kos word in kosblikke toegelaat.  Geen chips, lekkers, ontbytstafies, koek,muffins, vrugtelekkers, klein koekies of gaskoeldrank nie. Kleurstowwe, suiker en preserveermiddels beïnvloed ’n jong kind se konsentrasie negatief. Help asb!

  • Partytjies:

Partytjie-pakkies of verjaardagkoek is welkom.Geen suigstokkies, kougom, fluitjies of ballonne nie asb

SKOOLGEREEDHEID:  Hoe kan u as ouer help?

Leer of help u kind met die volgende:

Selfstandigheid

  • huisadres, telefoonnommer, naam, van, geboortedatum en verjaarsdag.                   
  • om sy skoenveters vas te maak
  • om sy neus te blaas en behoorlik af te ee
  • nie later as 20h00 te gaan slaap nie.
  • om elke oggend 'n gesonde ontbyt te eet. (jong kinders kan nie tot 09h30 konsentreer sonder ontbyt nie)

Emosionele en sosiale ontwikkeling

  • verantwoordelikheid te aanvaar om self aan te trek, tande te borsel, te bad, sy boodskapboekie in sy tas te pak, ens. (By die skool moet hy sy klere en skoene self oppas en in sy tas bêre). As hy dinge self doen skep dit ’n gevoel van prestasie en onafhanklikheid en is hy dan bereid om meer te waag.           
  • gesels met u kind oor die konteks van die week  (bv. My liggaam) en help hom om sy emosies uit te druk deur te vra wat hom gelukkig of hartseer maak.  Stal ook sy prentjies uit en laat hom spesiaal voel.
  • nooi jou kind se maatjies om te kom speel – verkieslik op Vrydag of  naweke.

Taalvaardigheid

  • speel “Ek sien met my kleine ogies.......” met kleure, vorms en klanke (bv. iets wat begin met ‘n “s”)
  • leer jou kind om die eerste keer na ’n opdrag te luister. Moenie opdrag herhaal indien kind dit nie uitvoer nie, maar vra liewer: “wat het ek jou gevra?” en laat kind dan die opdrag herhaal.
  • lees elke dag vir u kind ’n storie.  (Jy sal nooit spyt wees nie)
  • bou saam met u kind legkaarte.
  • laat u kind raai wat advertensieborde of huishoudelike etikette uitspel, bv. Spar, Woolworths, Coca Cola, Omo, Absa ens.
  • u kan woorde by die prente in u kind se plakboek skryf, hy kan dit dan “lees” of kopieer.

Wiskundige vaardighede

  • speel speletjies soos Slangetjies en leertjies, Uno, Ludo en Domino’s met jou kind.
  • moedig hom/haar aan om syfers raak te sien bv. muntstukke, straatnommers, pryse, ens.
  • laat hul bv. lekkers soos Smarties, gelykop verdeel tussen boeties of sussies.  

Groot- en fynmotoriese vaardighede

  • speel gereeld balspeletjies.
  • huppel, galop, dans, spring een been, stoei, spring tou, en trek tou saam met u kind.
  • laat kind prente uit ou tydskrifte knip en in ’n boek plak. (bv. prente van karre, speelgoed, rokke of lekker kos.)  Hy kan ook prentjies teken in die boek.
  • speel met wasgoedpennetjies, deur dit aan iets vas te knyp of sorteer pa se spykers en skroewe uit.                                  

 Ons sien daarna uit om u kind te ontvang.  Kom bespreek gerus enige saak rakende u kind met die juffrou.  Saam kan ons die beste vir u kind doen.