facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie wyse bou ons nie net slegs aan die verhouding tussen Pa en seun nie, maar ook aan die gesinsbande wat nodig is tussen Pa en seun teenoor Ma en sussies. Ma en dogter verhoudings word verskerk deur praatjies met sprekers soos Gretha Wiid en deur saam aktiwiteite te doen soos mosiaiek.

In 2015 en 2018 doen ons dinge anders en besluit dis tyd dat Pa en dogter moet "date". Wat 'n onvergeetlike aand was dit nie toe Pa en dogter opdaag in hulle eie shauffier, pa in sy pak klere en dogter in haar mooiste rok! Die aand was vol verrassings toe pa en dogter saam leer dans, saam gaan piekniek hou het onder die sterre op die rugbyveld met haar eie hartjie kombersie en hulle 'n stel vrae gekry het om mekaar beter te leer ken. Die aand is afgesluit met 'n professionele fotosessie tussen Pa en dogter!

Nie net het ons 'n spesiale dag gereël vir Pa en dogter nie, maar in Nov 2015 kry Ma en haar seun ook 'n beurt om te jol....'n dag sonder pienk. Ons skop af waar ma en seun mekaar se gesigte moet  verf. Daarna word hulle in 5 groepe ingedeel en elke groep kry 'n beurt vir 'n Drumming session, Lazertag, toutrek, braai en 'n fotosessie  waar ma en seun ook 'n stel kaartjies kry om mekaar beter te leer ken. Die seuns het die mammas goed opdraande gegee met die toutrek....selfs die GR R seuns het die mammas gewen! Elke seun het weggestap met sy eie braaier! Dit was voorwaar n baie lekker dag!

In 2016 doen die HELE familie saam doen. Ons reël 'n fliekaand onder die sterre. 'n Groot skerm van 9m x 7m word op die rugbyveld opgeslaan. Gesinne bring piekniekmandjies, komberse en kussings....alles om die fliek HEIDI te kom sien.! Dit was 'n baie koue aand vir 'n 18de Nov 2016 maar dit was spesiaal so gereël dat almal kon voel hoe koud HEIDI in die Alpe kry. Vir 2017 beplan ons pa-seun en ma-dogter.... hou die spasie dop. 

Sien wat die mammas te sê het oor die ma en seun - dag

 

 Kliek hier om die kommentaar van die ouers te sien oor die pa en dogter dag.  


KOERANT 2   ma seun1      ma seun 2 vliek 2     vliek 4


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
TONEELGROEP
toneewebNog 'n eerste by Bakies! Ons begin 'n Toneelgroep in 2018 o.l.v. Mnr Munnik vd Merwe. Ons eerste kompetisie is op 27 Julie by die Eldofees met ons "familie drama"! Ons behaal 'n 3de plek vir...
Lees verder...
GROEPSREDENAARS
Gr 4 ChristineIn 2018 begin ons met groepsredenaars. Sommer vroeg al wys die Gr 4 - 6 groepe hulle staal en behaal 2 A simbole en een A+ simbool by Oppi Tong af radikale redenaars in Julie 2018. Hou die spasie...
Lees verder...
GR R ROBOT - NOG 'N EERSTE
robot 1By watter ander Gr R kampus gaan jy nog 'n regte egte robot kry om die leerders padveiligheid te leer! Net in Bakieland. In 2017 is ons bevoorreg om 'n robot geskenk te kry. So leer die leerders...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2018
Kliek hier om die personeel van 2018 te sien. UITVOERENDE BESTUURSPAN 2018 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Disney Evans Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Marnus Putter...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2019 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 17 Oktober 2018. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2019 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...