Ons lê die fondasie reg by Bakies en gee vir die Hoërskole leerders wat ons trots maak.
OUD BAKIE PRESTASIES - (net prestasies by ons 2 voedingshoërskole word genoem en waarvan ons kennis dra)
2010 se Hoofmeisie van H/S Eldoraigne was Bakenkop se Hoofmeisie in 2005
2011 se Hoofmeisie van H/S Eldoraigne was Bakenkop se Hoofmeisie in 2006
2013 se Hoofmeisie van H/S Eldoraigne was Bakenkop se onderhoofmeisie in in 2008.
2013 se Onderhoofmeisie in H/S Swartkop was Bakenkop se hoofmeisie in 2008.
2013 se Onderhoofseun in H/S Zwartkop was 'n Bakie in 2008.
2014 se se Onderhoofseun van kultuur by H/S Eldoraigne was 'n Bakie in 2009.
2018 se Hoofmeisie in H/S Swartkop was Bakenkop se hoofmeisie in 2013.
9 oud Bakies is leiers by H/S Zwartkop en H/S Eldoraigne vir 2015.
Renier Joubert, wat in Bakenkop was tot 2007 behaal die Top 10 in Supersterre. Hy word ook gekies vir The Voice in 2019 onder die naam Mathew Rei Hy was ook te sien in Villa Rosa.
Michael Muller, die beste presteerder tydens die Matriek uitslae 2010 in Gauteng, was ons onderhoofseun en Dux leerder in 2005.
Slegs 2 leerders by HS Zwartop behaal 9 onderskeidings in Matriek 2014, een is 'n oud Bakie, Magderie Burgers
Jacques Bam, doud Bakie wat die Dux leerling was in 2009 het nou sy eie klerereeks by Mr Price. Hy behaal 5 onderskeidings in matrieks
Natasha Joubert,oud Bakie in 2010, word o.a. gekies as Miss Teen Queen of South Africa
Chenell Grimsell, oud Bakie in 2010, sing in New York in 2013 en behaal 'n vierde plek. Sy speel ook die hoofrol in die nuwe SA Muscial, "Once Upon a Song in 2015.
Divan Henning, Hoofseun in 2010, speel vir die Cravenweek in 2010 asook in 2013 en 2015. Hy word vir die Lionsclub gekies in 2016.
Simone Rabie oud Bakie in 2010 word gekies vir die SA Netbalspan in 2015.
Dr Tertius van Binnelanders was 'n Oud Bakie!