Op 18 Nov 2016 hou ons 'n nuwe gesinsaktiwiteit en wat is nou lekkerder as om dit te doen onder sterre, op 'n kombers, met Popcorn en 'n Slushpuppy. Ons het 'n groot skerm van 9m x 7m op die rugbyveld. Die fliek wat almal kyk is die gewilde Heidi. Asof Liewe Jesus wou hê ons moes voel hoe koud dit in die Alpe is was dit 'n baie koue aand met wind. Dit het darem beteken pappa en mamma kon nader aan mekaar sit. Wat 'n heerlike aand was dit as familie saam!