ONNIEKONSERT

Bakies het nie net slim onnies nie, maar hulle het ook baie talent op 'n verhoog. In Junie 2015 wys ons die leerders en ouers van ons skool wat ons kan doen. Elke graad moet 'n item lewer. Almal lewer 'n item, asook die Bestuurspan, die dames en mans doen afsonderlik ook 'n groep item, ons algemene werkers wys ons hulle hou nie net ons terrein skoon nie. Selfs ons dames in die kantoor verras met hulle "moves" op "Uptown Funk". 'n Konsert is nie 'n konsert sonder die "leeuloop" of die Flooze se "Hoezit my tjomma" nie. Dit was groot pret en almal het dit baie geniet. 

In 2020 wou ons groter gaan as in 2015 maar Covid het dit van ons beroof! Hou die spasie dop! Konsert sal ons hou!

Bakenkop Onnie Konsert 2015emailgroot