OUER GEBEDSGROEP

Geen skool kan sonder godsdiens nie wat beteken ons skool kan ook nie funksioneer sonder gebed nie. 

Ons ouers se gebede dra die skool deur die jaar. 

Mammas kom elke Donderdag oggend 7:45 bymekaar en Pappas Vrydae oggende 06:30 om vir die skool te kom bid. Versoeke kan in die gebedsboks in die personeelkamer geplaas word as daar spesifieke gebede is van ouer, kind of personeellid.