WAT SÊ VAN ONS OUERS OOR BAKENKOP?
"Is al 7 jaar by die skool, ‘n puik skool met goeie standaarde waardes en dissipline."
"Raad aan ouers, raak betrokke en wees deel van ‘n wonderlike skool familie."
"Die klein-skool idee was van die begin af vir ons aanloklik . Die feit dat almal mekaar ken laat ons tuis voel.
Die kinders kan aan alles deelneem, want hulle weet hulle is belangrikl"
"Niemand voel of hulle nie goed genoeg is nie, want almal voel deel van alles."
"Die onnies se harte klop warm vir die kinders."
"Min laerskole het so ‘n puik kultuur."
"Die onderwysers gee regtig om vir die kinders en betrek jou direk as daar ‘n probleem is en probeer regtig help waar hulle kan."
Bakenkop is die beste!! Jy het nie nodig om ‘n opedag
te besoek om te sien hoe hulle funksioneer nie. Jy kan
enige tyd van die dag inskakel en sê jy wil graag die
skool opset sien. Hulle kinders word geken by hul naam
en nie ‘n nommer nie. Opedae is soms aangeplak by
sekere skole
Ek is ‘n TROTSE Bakie ouer. My 2ling is bitter gelukkig
in Bakenkop. Die hoof lei die skool met ‘n baie groot
Christelike aanslag asook die res van die personeel.
Klasse is baie kleiner as van die ander groot skole dus
in my opinie is die individuele aandag beter. Daar is kids
uit alle inkomste groepe dus sosialiseer jou kind
en word met die werklikhied groot bv dat party maatjies
by die broodjieprojek ‘n broodjie moet kry pouse maar
ander het meer geld. Geen diskriminasie enigsins. Hulle
het laas jaar die skool met die beste gees in PTA gewen.
Miskien nie DIE top skool wat altyd eerste is met sport
nie maar ‘n kleiner skool waar elke kind die kans kry om
sy gawes te ontwikkel. Soos die hoof dit stel “om te wen
is goed, om deel te neem is beter, om God te dien met
jou talent is die beste”. Baie gelukkig by Bakenkop. ‘n
skool waar kids nog kids kan wees maar terselfdertyd
aangemoedig word om deel te neem en te presteer.
Bakies bo!
Ons was 10 jaar (ander skool) ouers. Ons het ons laatlam
in Bakenkop gesit en regtig doen jouself ‘n guns en
gaan kyk self. Praat met Izett Grimsell die bemarker.
Ontmoet die hoof en loop deur die skool en ek belowe
jou jy sal dadelik jou kind daar inskryf. Hul ken jou kind.
Dis net eenvoudig die beste laerskool ooit!!!!Jy’t nie nodig
om ‘n opedag te besoek om te sien hoe hulle funksioneer
nie
Bakenkop is regtig ‘n amazing skool waarby jou kind kan
baat. ‘n Skool met die beste gees, beste hoof en beste
onderwysers. Jou kind is in Bakenkop ‘n leerling en nie ‘n
nommer nie.