facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie wyse bou ons nie net slegs aan die verhouding tussen Pa en seun nie, maar ook aan die gesinsbande wat nodig is tussen Pa en seun teenoor Ma en sussies. Ma en dogter verhoudings word verskerk deur praatjies met sprekers soos Gretha Wiid en deur saam aktiwiteite te doen soos mosiaiek.

In 2015 doen ons dinge anders en besluit dis tyd dat Pa en dogter moet "date". Wat 'n onvergeetlike aand was dit nie toe Pa en dogter opdaag in hulle eie shauffier, pa in sy pak klere en dogter in haar mooiste rok! Die aand was vol verrassings toe pa en dogter saam leer dans, saam gaan piekniek hou het onder die sterre op die rugbyveld met haar eie hartjie kombersie en hulle 'n stel vrae gekry het om mekaar beter te leer ken. Die aand is afgesluit met 'n professionele fotosessie tussen Pa en dogter!

Nie net het ons 'n spesiale dag gereël vir Pa en dogter nie, maar in Nov 2015 kry Ma en haar seun ook 'n beurt om te jol....'n dag sonder pienk. Ons skop af waar ma en seun mekaar se gesigte moet  verf. Daarna word hulle in 5 groepe ingedeel en elke groep kry 'n beurt vir 'n Drumming session, Lazertag, toutrek, braai en 'n fotosessie  waar ma en seun ook 'n stel kaartjies kry om mekaar beter te leer ken. Die seuns het die mammas goed opdraande gegee met die toutrek....selfs die GR R seuns het die mammas gewen! Elke seun het weggestap met sy eie braaier! Dit was voorwaar n baie lekker dag!

In 2016 besluit ons die HELE familie moet saam iets doen. Ons reël 'n fliekaand onder die sterre. 'n Groot skerm van 9m x 7m word op die rugbyveld opgeslaan. Gesinne bring piekniekmandjies, komberse en kussings....alles om die fliek HEIDI te kom sien.! Dit was 'n baie koue aand vir 'n 18de Nov 2016 maar dit was spesiaal so gereël dat almal kon voel hoe koud HEIDI in die Alpe kry. Vir 2017 beplan ons pa-seun en ma-dogter.... hou die spasie dop. 

Sien wat die mammas te sê het oor die ma en seun - dag

 

 Kliek hier om die kommentaar van die ouers te sien oor die pa en dogter dag.  


KOERANT 2   ma seun1      ma seun 2 vliek 2     vliek 4


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
GR R ROBOT - NOG 'N EERSTE
robot 1By watter ander Gr R kampus gaan jy nog 'n regte egte robot kry om die leerders padveiligheid te leer! Net in Bakieland. In 2017 is ons bevoorreg om 'n robot geskenk te kry. So leer die leerders...
Lees verder...
AKADEMIESE INLIGTINGSAANDE
akadIn die eerste week van die nuwe jaar hou ons 'n Akademiese inligtingsaand vir alle grade sodat ouers deeglik ingelig is van wat op Akademiese gebied plaasvind en wat verwag word. Die...
Lees verder...
AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 7 2017
StephanBaie geluk aan die leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk in 2017. Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het. 'n...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2018
UITVOERENDE BESTUURSPAN 2018 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell DR Hendrik...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2018 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 September 2017. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2018 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg:...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...