In Bakieland het ons plek vir laaangasems ook! Hulle oefen eintlik die hele jaar anders raak daardie asempies kort! Ons neem deel aan ligas asook die Super 8 reeks. Verkseie leerders het al Gauteng Noord klere verwerf in die verlede. In 2022 verwerf Chané Venter en Hailey Evans hulle Gauteng klere en neem deel aan SA's in Sep 2022.
In 2023 kwalifiseer 15 leerders om aan die GN kampioenskappe te gaan deelneem en 5 van hulle ontvang hulle GN kleure en dring deur om aan die SA kampioenskappe te gaan deelneem op 16 September 2023.